KOMPENSASIE
KOMPENSASIE O Heer, U neem soms dinge van ons weg. Sal U tog kompenseer? My kind, Ek wil vir jou die beste gee – iets beter as wat was. O Heer, my grootste wens is slegs Uself. Met niks wat minder is, kan ek tevrede wees.
Smekend om Lig
‘n Christelike gedig na die Ambrosiaanse cantus Antiphona post Evangelium. O, my God, hoe weet U wanneer om te antwoord? uit die diepe donker smeek my siel om Lig maar ek kry geen antwoord. mag ek – vleesomhulde siel – dit vra? hoop vervaag. alles word tot nag om my – vriende, vriendskap en liefde […]
Eerste Erosswymel
Die grasgroen waatlemoen het bloedrooi oopgebars met in sy gitryppitte my tande stomp geknars seshandig moes ek doen die fynknyp van ’n pars tussen koud en hitte tot sweet my vel uitbars en tussen pienk en wit het stukkies lap laat waai die hemelruim én swartgat deur met Josefskleure al te fraai
Die edik in my woorde
JY, die eens held van my kinderdrome en die redder van my vrouwees vrees het jou verwerping louwarm teen my siel se binnenaat kom lê dit was toe die ongestotterde woorde in dade voelbaar was wat die stilswye skerp soos dolke deur my kon priem deur ontkenning van my bestaan is my drome in flardes […]
Adelaarheerser
Adelaarheerser Ek het deur die eierdop gepik en my ogies teen die skielike skerp sonlig geknip — My vlerkies het al sterker geword en ek het afgekyk in die diep afgronde en het soms gevaarlik tot naby die rand gekom wyl ek so verlangend na die vertes tuur— Op ‘n dag was ek uit die […]
PROJEK – TEENSTELLINGS
Hierdie maand wil ons hê u moet effe dieper delf en inskrywings doen wat TEENSTELLINGS weerspieël. Dit kan natuurlik wees donker teen lig, liefde teen haat, hartseer teen vreugde. Gebruik nuansering om die leser van die teenstellings bewus te maak soos bv: ‘As die donker swaar en grof sleep waar voete min en waaksaam loop […]
HEDE
HEDE Is jou toekoms uitsigloos, met niks wat vreugde bied? Jou gister net ‘n skim, met sond’ en smart wat knel? Kom wend jou dan na Jesus. Gryp Hom vas met al jou mag, en leef in d’ hede – saam met Hom!
Bagasie kan vervang word!
Dis pure blatante verwaande breë-bors trots wat my dié ding laat doen. Sy was van die begin af, nog voor geboorte al, in yster gegiet. Dis soos die Here haar gemaak het. Geskep het. Volgens plan. Sy plan, en ek het daar niks mee te doen gehad nie. Genadiglik. Haar geboortedatum moes ’n maand voor […]
Memoires
Memoires Ons loop hand aan hand deur al die bekende wandelpaadjies van my gedagtegange en daar is orals rusbankies om te sit en peins oor ons vervloë tye saam lank verby— Die memoiresboekie lê opgeteken by elke bankie ter insae vir die geheue se opheldering en met rigtingwysers by elke kronkelende afdraaipaadjie wat lei na […]
Aanrolbrandertjies…
Met aanrolbranders in my brein bly ek ronddobber op gety teen my nodelose aanhou stry en koudverlang wat in my skry. Maar vroegdag het my bitter trots teerverlang se rots geklots, en met die t’rugtrek van gety was op my strand se siele-sand jou kaalvoetspore ingebrand. Toe’t ek (dikvellig in my nerf) gekeer dat liefde […]