Tweespoor
ń grondpad kronkel deur oop veld oppad na boerebeskuit en soet warm koffie die sitplekke vou warm om boude in die luim vry atmosfeer harte stop lippe stamp seer in dié eerste soen sonder sonde rede oor die winterveld flits gevaarligte die gemeenskap nooddienste is daar om dié pasiente siek te verklaar
YWERIGE ELWE DES PROJEK
YWERIGE ELWE Des Projek Hulle het perskes gaan steel en Pa het hulle uitgevang! Al ses van hulle het BEHOORLIK RIEMGESPRING. Nou sit die Nel kinders beteuterd onder die appelkoosboom en wonder oor hul volgende avontuur. “Ek het dit,” kom Willie met ‘n plan vorendag, “’n spesiale kersgeskenk vir Pa! Hansie, jy gaan die […]
BOEMELAAR DES PROJEK
BOEMELAAR Des. Projek Op karton onder die ou brug wonder die boemelaar en sug waar sy dierbares nou sou wees op hierdie Heilige dag Kersfees. Marthie joubert.
Desember 2024 – Kersfees projek
Beste INKers, Die jaar 2024 het gekom en soos `n dief in die nag en snel verby ons gekruip, en nou, of ons wil of nie, het die laaste 31 dae aangebreek. Die somervakansie wink en so ook die wonderlike feestyd waarin die grootste enkele geskiedkundige gebeurtenis gevier word. Hierdie maand vier ons fees op […]
viva – vivA
viva afrikaans – lank lewe my taal etimologies vanuit Latyn, Spaans en Italiaans so baie woorde, so baie konnotasies; Viva la Vida – leef die lewe Viva la Vida – Dood en al sy vriende, musiek groep Viva la pepa – laat die goeie tye rol Viva la Virgin – lank lewe ons Moeder […]
Na die storm. (SILWER)
Na die storm. Die wind raak stil, die lug is swaar as die skemer stil in vrees lê en staar. Die voëls verdwyn, die veld raak leeg met elke klank wat stil, swaar weeg, net die nag wat wag as wolke saam skaar. Die blougewelf breek oop in fakkels van vuur, en reëndruppels dans – […]
media loopspoor
van Aristoteles tot Isaac Newton van natuurfilosofie tot wiskundige beginsels in fisika boek; oor realiteit kennis, betekenis, waarde, bestaan en waarheid sielkunde, sosiologie, taalkunde ekonomie, kuns, wetenskap, politiek subjektief of objektiewe nabetragting oor grense van metafisika en epistemologie reis wandelaars deur moderne media vergader hulle kennis: soms argeloos dikwels in walging oor […]
afsaal
jonkman wou gaan vry op sy ryperd sou hy moes ry mooi geroskam staan dié daar gepoleerde saal en blink stiebeuels hang aan die waenhuisdeur gepoleerde kamaste glad gestrykte rybroek met veer in sy hoed gestel was opsaal net ‘n plesier gereed is hy en sy stier tekens was daar nooientjie stel […]
verskansing
onder lagie dikvelligheid broei suurdeeg van twyfel al is mens ook geestelik blind of met balhorige siende blindheid en horende doofheid geslaan kom besef onstuitbaar nader van sy eie onmag in moderne lewe wie slaag daarin om goed te luister en te kyk vind ‘n soort rustigheid wat opvallend en voelbaar is ‘n […]