Magtige dreuning
Magtige dreuning Brons afdeling Hoor jy die magtige dreuning weerlig wat hard ree”n aankondig ons dank God vir ondersteuning die riviere praat mondig waterfors met volle mag meer Ree”n gee krag wat voort stoom strate word riviere prag stroompies nou met bome wat oorloop dankbaar staan boer op sy plaas dominee bel […]
Eish ja… met ys
Eish ja…met ys As al onse riviere Net skoon water was Wie sou dan ooit siek wees… As al onse lande Net water kon hê Wie sou dan hongerly vrees? Ons damme is vol maar ons krane bly leeg. Die hemele huil en die aarde beweeg En dan wonder ons nog… Eish… ja… met ys…
Bloekom Bestaan
onaantasbare mis vervorm in reën strome as uitgrawer masjiene wat berge versit bloekomsaad versag in dié miswater en groen boompies skiet op wat klou aan die nuwe grond ontelbaar staan die stamme trots in wit en swart ń wêreld is vol bloekoms © Koos Elsum
Watermerk (goud)
Hoog bo seevlak waar windstrepe dwaal,saam met die lied van Moeder Aarde se verhaalval ‘n stroom dreunend uit klip se mondspoel van rots tot rots, bruis dit tot teen die grond. Ek sit op die rivierbank met my tone in die nat sand,kyk hoe riete buig in haar silwer hand. Jy het vir my vertel […]
in skaduwees
skielik in donker nag kouekoors van ontsteking wat vuurrooi brand en mergelend liggaam laat skud van pyn groeiiende strepe pyn wat deur maagspiere lem asof snitte van vlymskerp mes elke koord verblindend hef in skadu van ICU gebrabbel-taal van medici naalde oral in are wat wil wegkruip wat priemende steke wil […]
Ben en Generaal Brul.
Klein Ben was ses jaar oud en vol lewe. Hy was ’n baie brawe seuntjie – behalwe as dit by die plaasdam kom. Die dam was groot, omring deur hoë riete wat in die wind gesuis het. Vir meeste kinders was dit die ideale plek om in die somer se hitte af te koel, met […]
‘n Haikoe (Silwer)
Wind waai rok omhoog, ek poseer soos Marilyn maar toe kyk hul weg! ©MarleneErasmus 20/01/2025
Na die lig. (Silwer)
Hier, in die skadu van my eie stil gedagtegang, staan ek onseker, soms vasgevang in die wêreld van wat ek is en wat ek wel wil wees. Selftwyfel fluister vreesgedagtes in die donker, die stem wat skree dat ek nie genoeg is nie, dat ek nooit in die lig sal staan nie! Maar, In hierdie […]
verlore dinge (silwer)
ongesiens tuimel die slagoffer af teen die afgrond agter die kas miskien een hop of twee dan kom hy tot rus in ʼn hoekie onbevlek deur lig maar begrawe onder sedimente sluimerende stof hier, in die domein van spinnekop en mier, by donshasies en vermisde hoofpynpille langs die lus van die ou laaikabel styf teen […]