Kaneel-suiker vir die siel
‘n Tydjie gelede hou ek ‘n ouerige dame dop wat skuins voor ons in die vliegtuig sit. Dit lyk asof sy definitief aan die regte kant van die spoorlyn, daar doer op die bult, gebore is. Haar hare is mooi versorg en haar klere is opsigtelik duur. Die juwele lyk ook nie te onaardig nie, […]
Liewers dood as uit die mode!
September is toe nie net die begin van die lente nie, maar ook ‘n hernude geleentheid om aandag aan die modes van die dag te gee. Daardie einste modes waarvan ek steeds nie weet wie dit uitdink nie, en hoe hy/sy die derduisende blinde, skaapagtige mense kan oorreed om hulself soms geheel en al belaglik […]
Liefde vir ‘n ou kar.
Kyk om ‘n kar te koop is vir party mense soos om te trou. Daar is selfs mense wat so oor die proses te kere gaan dat dit nader klink aan geboorte skenk. Daar is ‘n baie goeie rede daarvoor. Jy weet mos nou as jy eenmaal op die lyn teken, niks minder as ‘n […]
Gesin’s vreugde
Ons as gesin het sekere disse wat ons altyd saam geniet, en waarvan sekere resepte baie uniek is. Dit is waar dat ons finansies heel patykeer van die resepte gedikteer het, en wat soms in ‘n desperate en twyfelagtige poging begin het, dikwels deur genade in smulkos ontwikkel het. Neem nou maar die keer wat […]
‘n Skatkis vol heimwee
(Brons) Kaalvoet staan jy met jou hele wese ontbloot, terwyl die brander’s jou saggies omsingel. Die koel seelug briesie wat jou hart en siel kom skoonwas. Die brander’s wat jou toevou so asof hulle jou wil beskerm teen al die aanslae van die lewe. Die Namakwaland Nasionale Park se kus, dis waar ek my hart […]
Stefanus Kleinsmit
Stefanus Kleinsmit gesels kerk. Ek het vandag ’n nuwe vriendskap bevestig. Sy naam is Stefanus Kleinsmit, maar die gemeente noem hom broer Steven. Hy is 89-jaar oud en hy werk nog elke dag van 09:00 tot 16:30, netjies geklee en altyd in ‘n pak klere of ten minste met ’n onderbaadjie, as dit te warm […]
Die peetpa
Die peetpa Ek sal die een of ander tyd seker ‘n samevoeging van al my Voortrekkerweg -gedagtes en -ervaring kan neerpen, maar tot dan, is hierdie nog een van “daai” stories wat sommige mag geval en ander sal laat spaander. “Something is going down…” dit was ál wat die netjiese jongerige sakeman kon uiter, terwyl […]
Dalk is dit nuus
Dalk is dit nuus Êrens in die wye Kaap slaap daar vanaand ’n motortjie of dalk ’n mens of ’n dier onder ’n seil wat nie aan hom, dit of haar behoort nie. My openingsreël hou nou nie juis besondere nuuswaardigheid in nie, maar dit was tog die wekroep wat my sluimerende kwelling oor vrae […]
Moeg vir die storms
Moeg vir die storms Die Vlieënde Hollander was in ’n storm onder by Kaap die Goeie Hoop vasgevang, so vertel die verhaalskrywers, maar Kaptein Van der Decken wou niks weet van omdraai nie; hy wou deurdruk, al was dit tot in die hart van die storm. Selfs toe ’n groot golf oor die skip breek, […]
Spys en drank
(Brons) As ‘n mens nou alles kan glo wat in die media gesê word oor kos, kan jy nou maar net een afleiding maak. Ons is almal besig om onsself elke dag meer en meer te vergiftig. En daar is so baie dinge wat ons dood kan maak, dit is slegs ‘n wonderwerk dat daar […]