Jongste aktiwiteit:

ProjekteDesember 2024 – Kersfees projek(Bladsy 4)

Beste INKers,

Die jaar 2024 het gekom en soos `n dief in die nag en snel verby ons gekruip, en nou, of ons wil of nie, het die laaste 31 dae aangebreek.

Die somervakansie wink en so ook die wonderlike feestyd waarin die grootste enkele geskiedkundige gebeurtenis gevier word.

Hierdie maand vier ons fees op INK met kort en kragtige skryfsels.

GEDIGTE:
1. Skryf `n enkele kwatryn.
2. Jou kwatryn moet die woord “Kersfees” bevat, maar mag dit nie as titel hê nie.
3. Dit hoef nie `n geestelike toon te hê nie.
4. Dit mag `n rympatroon hê of nie. Dit is jou eie keuse.

MENINGS:
1. Tema: Kersfees
2. Woordtelling: minder as 150 woorde

RUBRIEKE:
1. Tema: So onthou ek Kersfees
2. Woordtelling: minder as 250 woorde

ARTIKELS:
1. Tema: Die ekonomie van Kersfees
2. Woordtelling: minder as 250 woorde.

VERHALE:
1. Tema: `n Kerskomedie
2. Die verhaal moet komies wees.
3. Skryf `n vonkverhaal in minder as 250 woorde.

Innoverende mense skryf in Afrikaans.

Lekker skryf
Projekbestuurder.

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE ’N GEDIG IS NIE. LET OOK ASB DAAROP OM JOU NAAM ONDER AAN JOU PLASING TE SIT ASB.

Kersfees-karaoke. By die Meiring-huishouding is Kersfees altyd ’n bietjie… anders. Vanjaar het Pa besluit om karaoke deel van die kersfeesvieringe te maak, met die doel om “familieharmonie” te bevorder. So breek Kersfees aan, en die verrigtinge begin. Ma sing met passie “Stille Nag,” maar haar stem is so hoog dat die bure se honde kermend begin […]

[TEMA: DIE EKONOMIE VAN KERSFEES.] Globaal gesien het ‘kersfees-denkers’ omstrede opinies oor Kersfees, asook die oorsprong en betekenis daarvan. Oor een aspek, naamlik die kommersialisering van Kersfees, sal almal waarskynlik eenstemmigheid hê. Verbruikersielkundiges wys daarop dat dit wat die mens in sy alledaagse handel en wandel waarneem, ’n prominente rol speel in die mikro-ekonomie. Die […]

TEMA: Kersfees Kersfees is ’n tyd wanneer vreugdevure hoog brand en dikwels met drankmisbruik en allerhande uitspattighede gepaard gaan. Daarbenewens is Kersfees ook ’n tyd waartydens geliefdes bymekaar kom. Geskenke word dan uitgeruil en seënwense teenoor mekaar uitgespreek. Maar ons is so geneig om met die viering van Kersfees te vergeet van God, en Sy […]

Die woord ekonomie is afgelei van die Griekse woord ‘oikonomos’. Dit is saamgestel uit die woorde, ‘oikos’, wat huis beteken en ‘nomos’, wat orden beteken, synde die beginsels waardeur sodanige huishouding bestuur word. Dus behels ‘oikonomos’ die ordening van ‘n huishouding. Ongeag of dit die mikro- of makro-ekonomie is, is dít die beginsels waardeur sodanige […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed