Jongste aktiwiteit:

ProjekteFebruarie 2019 projek – TYD(Bladsy 4)

Beste INKers

Ons is al voorwaar weer in die 2de maand van 2019, en dit wil blyk asof tyd vir niemand stilstaan nie.

Ons gaan dus die “uurglas” as tema in hierdie maand se projek aanpak.

DIGTERS:
Skryf ‘n gedig met uurglas as tema.
REËLS VIR DIE GEDIG:
1. Geen rym voorskrifte nie
2. Die titel hoef nie Uurglas te wees nie, maar dit moet streng tematies wees
3. Ondersoek nuwe en opwindende woorde en idees.

VERHAALSKRYWERS:
Skryf ‘n verhaal oor die onderwerp. Daar is geen woord telling voorskrifte nie.

ARTIKELSKRYWERS:
Doen bietjie navorsing en skryf ‘n artikel oor die ontstaan en geskiedenis van die uurglas.

RUBRIEKSKRYWERS:
Skryf ‘n meningstuk oor die kosbaarheid van tyd.

GORRELSKRYWERS:
Spoel jou mond oor hoe sekere mense, winkels en staatsdepartemente onnodig tyd verkwis. Probeer ook ‘n oplossing voorstel.

Ek sien uit om julle vaardigheid te beleef. Skryf in Afrikaans – dis die mooiste stem!
Lekker skryf; maak my trots! Skryf in Afrikaans, dit het vlerke.
Groete
IM – Projekbestuurder

*ONTHOU ASB SLEGS 3 INSKRYWINGS PER LID PER AFDELING

Hopie sand asemteugkorrels afgemeet, opgeteken, gepunt – nie ʼn enkel korrel meer, nie ʼn enkel korrel minder eerste skree deur baarmoederbloed eerste korrel tregter drakonies – korrel per asemteug, heilige verbond beseël, geen verdere addendum bliksemstraal, donderweer … vloedwater verkwisting en lamenteer, jeremieer … sondige verbeuselling Veinsaard joel, verlok verlore kind onafgebroke kom, verknoei sandkorrels […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed