Jongste aktiwiteit:

ProjekteFebruarie 2020 Limeriek projek(Bladsy 2)

Beste INKers

Hierdie maand gaan ons die koeël byt en ‘n bietjie buite ons gemaksone skryf.

Ek gaan, om die las effe ligter te maak, geen tema voorstel nie. Ons gaan egter die Limiriek aanpak.

DIGTERS:
Volg streng reëls en skryf ‘n Limiriek.

RUBRIEKSKRYWERS:
In die gees van die humor waarvoor ‘n Limiriek vra, skryf ‘n rubriek oor die mees komiese ding wat tydens ‘n erediens gebeur het. Dit mag ‘n eie ervaring of ‘n oorvertelling wees.

ARTIKELSKRYWERS:
Doen genoegsame navorsing en skryf ‘n artikel oor die oorsprong van die Limiriek.

VERHAALSKRYWERS:
Skryf ‘n humoristiese verhaal oor Mevrou Dominee wat die kollekte verloor het.

GORRELS:
Bekla jou lot oor die gebrek aan humor in ons samelewing.

Ek sien uit om julle oorspronklikheid te beleef.

Skryf in Afrikaans. Dis lekker!
Projekbestuurder.

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Elkeen van ons (veral oumas en oupas) se hart is uitverkoop aan die dierbaarheid van suikerbekkies. Daardie einste suikersoet ‘bekkies’ wat op die mees onverwagse tye die snaakste wys- en waarhede kan kwytraak, so opreg en onskuldig. Die beste medisyne vir ‘n suur en donker gemoed. Ek verluister en verlekker my in hul onskuld en […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed