Jongste aktiwiteit:

ProjekteMEI 2026 – OOP PROJEK(Bladsy 3)

 

Beste INKers

Na julle in April met ‘n “swaar” tema gekonfronteer is, bring Mei verligting.

Hierdie maand is daar GEEN voorskrifte en reëls om aan die projek deel te neem nie.

In welke genre jy deelneem, is jy ongebonde aan voorskriftelikheid. Dit skep die geleentheid vir jou om dit wat reeds lank geoormerk is vir publikasie, die lig te laat sien.

Bederf ons met jou glinster, verstom ons met jou kreatiwiteit en oorweldig ons (in die beste sin van die woord) met jou skeppende vermoë.

Innoverende mense skryf in Afrikaans.

Skryfgroete
Projekbestuurder.

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS BY GEDIGTE EN VERHALE AFDELING EN 3 INSKRYWINGS BY DIE PROSA AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR GEDIG PUBLIKASIES ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PROSA EN VERHAAL PUBLIKASIES. LET OOK ASB DAAROP OM JOU NAAM ONDER AAN JOU PLASING TE SIT ASB.

Die vlamme van Buks Appelblaar se vuurtjie gesels soos opgewonde Boesmanjagters wat van ’n suksesvolle jagtog af terugkeer. Pieter sit langs Buks Appelblaar. Die stilte van die nag omhels hulle. Hy kyk op na die naghemel wat wyd uitgestrek in ’n onbeskryflike sterreprag bokant hulle lê. “So wyd soos die Heer se genade,” sê hy […]

Duisend gisters het verby gegaan; steeds herroep ek haar naam. Inversie-mooi haar lewe geplooi; tydmaat die dood se mooi. Alleen agter gelaat, het sy my lewe; ontrustendheid eensaamheid my gegewe. Waarom Heer, hierdie seer? Lentes, somers, herfs, winters; verby gegaan ’n duisend gisters. Steeds vul haar parfuum my luggang, voel ek nog klam haar kus […]

    wanneer sonstrale tanend ondergaan wolkies in vliese verward versprei voor vlietende suid-ooster woede sneeu wit op kaapse berge rus bokmakierie se roep angstig en senutergend raak knieë nie meer sag wil buig raak gesigte baie skaars op wit strande van my mooiste baai raak gedagtes drome wat telkens terugkeer na verlede se mooi […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed