Einde herfs (Goud)
teen einde herfs het ons in dwangakkoord die trekpas betree kort daarna het die kosmosse hulle kleure uitgevee en in die winterveld se doodsbleek agtergrond weggesmelt maar, nog ‘n winter later staar die seer van ons verweer my vierkantig in die oë en laat dit opeens bloupers kosmos kneuse aan die skeurkant van my winterhart […]
Hoe leef jy Afrikaans?
Hoe leef jy Afrikaans? Die taal is so deel van almal wat Afrikaans praat. ’n Taal wat strek van die Karoo waar droë bossies staan tot daar in die hartjie van die spreekwoordelike pot goud in Gauteng. Soos enige ander taal het Afrikaans sy eie kwinkslae gereed om jou te vermaak. Dit is ’n taal […]
Vuur in my vingers (goud)
Ek skryf en skryf met vuur in my vingers ure vlieg en dae verdwyn die donkerte in soos my woorde vlamvat sin na sin ontplof my pen vol ink my gedagtes gloei soos koeël en ek skryf met letters wat na bo wys in my simfonie van tale skryf ek jou raak skryf ek jou […]
Taal se begraafplaas.
Taal se begraafplaas. As jy vandag die aanhaling gebruik “So waar as padda manel dra” sal paar van die jonger mense jou skeef aankyk. Waar hoor jy nog mense wat praat van babbeljoentjie of waterlander? Babbeljoentjie verwys na hemelbed of bed met gordyne om. Waterlander is ’n term wat gebruik is vir ’n traan. Dit […]
Herfs se laaste asem Goud
herfs is gedoop in karmosyn – in bitter laatoeswyn wanneer die son teen die berge lepellê, met ‘n kus teen jou wang goeienag kom sê, sleep die maan haar wolkkaros oor vaal karoo en pienk kosmos herfs is gedoop in karmosyn – in bitter laatoeswyn wanneer haar laaste kopergeel snik in stof en wind […]
BLOM VAN LEVUBU
Marthie Joubert (2245 woorde) Mei Projek Verwonderd staan Amarilda van Eeden by die ingang van die Pietersburg Munisipale gebou. Sy staar na die netjiese uitleg van die tuine voor haar. Na Pappa se skielike dood, het sy dadelik aansoek gedoen vir die pos en is in ekstase dat haar aansoek geslaagd was. Ai, dis so […]
Roesbruin winter Goud
ek pars vir my die winter in die middel van ‘n boek, sodat ek die roesbruinkleur in elke hoofstuk op kan soek versigtig streel my vingers die geel gedroogte aar en hoor ek weer die krieke in my winterboek baljaar ek proe die stof van die karoosand tussen die lyne vasgevang, ruik die […]
Ek hunker nog aan jou(goud)
Die dae is lank en uitgestrek; ek wil soos ‘n windvoël die lug oopvlek, en neerdal tot my geliefste plek. Ek hou my oë stip-stip gerig; groen is die dal, kranse staar ongedeerd terug; doer onder koester jou gesig so sal ek jou vind in die vlug. Dit begryp my nou: soos die […]
in blomme-taal
in blomme-taal (SILWER) hoe verwoord ek die seer in my lewe as jy voor my staan en vra: vergewe? met oë vol berou glim die trane blink as jy, blomme in die hand vir my wink jy maak en breek soos dit jou behaag maar wil my nou skielik so onderskraag? die houe reën neer […]
April 2024 – Uit die oog van ‘n kind projek – KOMMENTAAR EN UITSLAE
Beste INKers Ek wil julle aanmoedig om hierdie kommentare (kritiek) nie net blindelings te aanvaar nie. Daar is ‘n aktiewe forum waarop (waardeur) julle direk met my kan skakel en alle navrae en/of menings kan rig. Maak asseblief gebruik daarvan. Stuur jou navrae aan inkmoderator@gmail.com Ek kontroleer die epos daagliks en gesels graag met jou oor […]