Gelofte (Goud)
Gelofte (Goud) Die mis het oor die laer soos ‘n Godskombers gehang. Skeurend oor die vlaktes teen die skemer flikkerskadu’s, klink ‘n hadida se snerping teen die dreuning van die aanddiens se gesang. En in ‘n slotsom-sakrament van ‘n Geesvervulde uur prewel die Trekkers hul gelofte, langs die kabbelende vloei, van ‘n verwagte bloedrivier. In […]
Wanneer geloof ’n slagveld word
(Woordtelling : 400) Geloof het deur baie eeue al bewys dat dit vrugbare grond vir oorlog is, geïnisieer deur jou persoonlike siening, maar eintlik gebreinspoel deur die kerk of betrokke denominasie. Die kerk sê hulle leef en preek net uit die Woord, maar hul interpretasie van die Bybel is soms skrikwekkend. Alhoewel dit onskuldig […]
Die Slag van Grahamstad
(Woordtelling : 590) In 1812 stig Kolonel John Graham ʼn militêre pos wat vandag bekendstaan as Grahamstown. Teen 1818 het die grensboere weer groot verliese gely as gevolg van die Xhosas se onophoudelike veediefstal. Hierdie stam word gelei deur Makana wat as profeet deur sy mense vereer word. Hy sê dat die voorvadergeeste opdrag […]
Die Slag van Opatikloof
(Woordtelling : 310) Na die Slag van Bloedrivier besoek ʼn kommando van 300 man Dingaanstat om die beeste wat op Bloukrans gesteel is, terug te kry. Die beeste word in die nabygeleë Opatikloof aangehou en die Boere slaan laer op by Entonjaneni-hoogte. Pretorius se hand is egter tydens die Bloedrivier veldslag gewond en hy […]
My reis, van vrees na vertroue.
My reis, van vrees na vertroue. Vanuit my diep donkerte van vrees het my reis na die lig begin! Net die idee van openbare optrede was my skrikwekkende realiteit in die arena waar my vrese vir kritiek onbetwisbaar koning gekraai het. Maar soos die begeerte om ʼn motiveringspreker te word binne my gegroei het, het […]
stilstorms (Silwer)
maste van my lewenskip skerts oorbodig oor kragtige winde van beproewing splintervars soutspatsels op my wang fluks kloof my boeg deur deinings kiel en spante suile van my siel ek sal nie kantel, want Hy is met my bly loefgierig in die soene van die wind só sal ek die loef afsteek teen vergaderings van […]
veilig (Silwer)
stemfeer die gelofte uit jou hart onverskrokke in trane smart Here, ywer tog vir ons part merk dit diep in die hart oë ontmoet mekaar maak tog U beloftes waar in nood kant en klaar wees stil en weet Ek is daar vyande het hul kiekies verander slinkse planne geensins skrander golf op golf; brander […]
Vrede bo veldslae.
Vrede bo veldslae. Volgens die woordeboek is ʼn veldslag ʼn selfstandige naamwoord wat beteken daar vind ʼn geveg of ʼn botsing plaas tussen twee of meer leërs, gewoonlik op ʼn oop veld. Dit is egter nie al betekenis van veldslae nie. Veldslae kan ook figuurlik gesproke wees as daar verwys word na enige stryd […]
Geweld
Vrydagaand drank misbruik lont en kruit Saterdag sand stof bomme ontplof oë traan doodsreuk hang lewensloopgrawe grou wegkruip vir jou jou haat en nyd die ewige verwyte spyt lê wyd ’n slagveld net geen dood word aangemeld vermink gebreekte sielslagoffers wanhoop huil pleit seer gille ten spyt geen berou word net uitgejou Sondag wit vlag […]
En soms is daar nie woorde nie
(Woordtelling : 400) Daar was so baie persoonlike veldslae. Party het net dekades langer as ander geneem om ten volle verstaan te word, en voordat die ou wonde kon genees. Tog, as ek nou terugkyk, het elke letsel ʼn verhaal om te vertel. Deur hierdie ondervindinge het ek geleer en gegroei. Natuurlik sou ek […]