vertree
in U spore probeer ons stap die goeie wat ons wil, die doen ons nie die slegte wat ons wil vermy, ry ons bloots elkeen dra sy eie gewete en wroeg maar U het alles reeds vertree ©Teãrlach.
Die taal van wysheid.
Uit die mond van die suigeling sypel waarheid net soos die hart van ‘n grysaard die taal van eeue oue wysheid praat. Alles in die lewe spreek van gejaagheid. Verby vliet die pitstop van stilword, oorweeg, bedink… Reisiger hoe lank sal jou reis nog duur? Ken jy die tyd? Is jy gereed vir daardie […]
Januarie 2024 OOP projek
Beste INKers So breek 2024 aan en is my wens vir elkeen van julle ‘n jaar van voorspoed en guns. Mag elke taak wat jy hierdie jaar aanpak voorspoedig wees, “en tog in die geval waar ons faal, laat dit gebeur terwyl ons uitmuntend strewe sodat ons siele nie tussen die koue en skugter siele […]
Macbeth
Macbeth Donker naggeluide drom om die kookpot saam, terwyl die hoonlag van die hekse jou saamsleep en laat glo dat jy – Macbeth – vir Duncan sal onttroon terwyl jy handoormond die dood van Banque en Duncan betreur (jou vriende wat jy gewetenloos na Hades stuur) loop jou uurglas leeg die kroon […]
sproetgesig se seëning (SILWER)
sproetgesig seëning stil, alleen staan ek voor my spieël ek sien twee groot blou oë en vele sproetjies op my neus “so ssssooo s-s-s-Sunet, …” hoekom sukkel die woorde dan so om uit my mond te kom? wat is die oorsaak dat woorde so haak as ek praat? die spieël glinster […]
goed genoeg? (SILWER)
goed genoeg? hoeveel keer gaan ek nog myself met ander vergelyk ander mense lyk dan so selfversekerd en selfs perfek hul lyk so super sukgeluk dat jy dit nie kan miskyk dit lyk so belowend dat dit my sommer nader wil trek tog kyk ek in die spieël, minderwaardig en gebreek soos ʼn verskietende ster wat […]
Wapenstilstand – Kersfees 1914 (Brons)
dis oukersaand, soldate sit sy aan sy in die modderige loopgrawe van die Niemandsland iewers tussen Frankryk en Belgie veg Fransman, Brit en Duitser vir sy land sombernis en koue klou genadeloos aan elk’ soldaat se hart, dis amper Kersfees en geliefdes ver met slegs ʼn kiekie teen die bors verlang elkeen alleen, […]
kismet (Goud)
asof in laaste saluut het ons saam-saam teruggedraai mekaar se oë probeer ontwapen getalm… ‘n onverwagse vrede het ons momenteel ont-ego sodat ons byna uitgereik het na mekaar maar die vele neerlae reeds gely aan beide kante was net té fel daarom het ons weer omgedraai en finaal weggestap sonder terugblik […]
kanker veldslag (Goud)
jou kankerstryd is ‘n volbloed veldslag jou wonde veel meer as jou ammunisie terwyl almal om jou heen te knie bly in gebed pleitend vir ‘n wapenstilstand vegesel jy daagliks jou pyn, wagtend op God’like genesing: ‘n wonderwerk vir jou geliefdes of ‘n nuwe hemelse liggaam vir jou neologisme: […]
Oproep tot plig.
Oproep tot plig. Die aand van 15 Desember 1838 was gekenmerk deur ʼn atmosfeer van spanning en onsekerheid. Die lug was swaar van die hitte en die son het stadig ondergegaan, sy laaste strale het die Natalse landskap in ʼn rooi-oranje skynsel gehul. Die warm winde het sag oor die droë vlaktes gewarrel. Die stilte […]