Lobgevegte tussen verse
Lobgevegte tussen verse (brons) Ek staal my by die lees van woorde wat oor my spoel uit alle oorde tussen taalsuiwerheid wat drup en dié met ‘n stappel in sy hup My regterlob, hoogs onontwikkeld is op sy beste maar versukkeld My linkerlob, versot op rede snak na die sin in Griekse snede Ek spartel […]
BEKORING VAN JANUARIE
Dis 2024 nuwe Jaar is verby alhoewel ek so katvoet die eerste oor my twee-en-vyftigste verjaarsdag gebokspring het. Ek het reeds in die vorige Jaar begin asem ophou oor die gebeurlikheid. Tog toe die tweede aanbreek het ek meer gemaklik oor die Jaar begin voel en die angstigheid het plek gemaak vir realiteit. Jy wat […]
ONSEKER
In ‘n fetus posisie selfbejamnering in ‘n vraagteken vergruis wys my die kanker wat my bedreig die parasiet wat op my ingewande teer sy honger word nooit gestil sy dors nes ‘n tsunami wat verwoesting agter los my gebede slaan vas teen die plafon dan baklei ek Here hoekom hoekom dan.. dis die stilte is […]
BOSVELD SPORE
Spore verraai jou rigting perfek in harmonie getrap klam in klipperige rivierbedding wat diamante uit vloedwater baar gras soldaatsade wat met poeier arms waai as jy soek sal jy vind die bosveld die binnekring van jou hart @Loret
November 2023 – OOP projek – Kommentaar en uitslae
Baie geluk aan hierdie 12 lede! WENNERS GOUD: No 34 – Loretta Szikra met En toe moes ek weer skryf No 36 – Elmarie Nienaber van kampen met Satyn No 39 – Caren Kearley met Verskeurde gedagtes SILWER: No 15 – Elize Kruger met Kintsugi No 25 – Hester Steenkamp met die […]
oordink
brons oordink ek óórdink of die ‘móóntlike’ sal gebeur of dit môre gaan reën soos my stroewe linkerheup voorspel of die woorde wat ek vind, genoég is of die stórms in my kop die lowergroen paradys in my óórvol letterboek sal laat verlep ©Anne-Marie Bartie 2024
pouveer
brons pouveer my glashart val uit my bors en skerf tussen lyf en vloer in donderende stilte ek het die vertraagde aksie voorspel ek wás mos reeds hier hier waar blítsende pyn die bodem van die dam met búlderende spoed slaan ek het reeds hierdie model tot perféksie geïngenieur híér waar die moeisame opvee die […]
‘n Laat Kersfees
‘n Laat Kersfees Brons Toe die deurklokkie lui, spring klein Klasie op om te gaan oopmaak. Dit moet Kersvader wees. Mamma het gesê hy kom vanaand. Maar groot egter sy ontngtering toe dit twee polisie-offisiere is wat voor die deur staan. “Goeie dag seun, is Mamma tuis?” “Ja oom. Sy sit in die sitkamer. Ons […]
Vat maar hande
Vat maar hande Vat maar hande my ou maat die kleur sal jou tog nie skaad ons stry almal vir vrede jonk en oud in die verlede en die hede want vrede word diep in die hart gevorm midde die taal- en kultuurstorm reik uit na jou medemens dis tog die Vader se wens sorg […]
Hondse praatjies
Hondse praatjies Die siekhond klou aan my neusvleuels perde gallop in my kop sonder teuels ek blaf en blaf en blaf maar maak geen hond haar-af sonbesies dink dis Bosveld in die gange van my brein definitief het hul nie probleme met sein my ore staan en maak of hulle luister maar los my verstand […]