Jongste aktiwiteit:

November 2023 – OOP projek – Kommentaar en uitslae

Baie geluk aan hierdie 12 lede!

 

WENNERS

 

GOUD:

No 34 – Loretta Szikra met En toe moes ek weer skryf

No 36 – Elmarie Nienaber van kampen met Satyn

No 39 – Caren Kearley met Verskeurde gedagtes

 

SILWER:

No 15 – Elize Kruger met Kintsugi

No 25 – Hester Steenkamp met die Ding van droogte

No 20 – Annamarie vd Merwe met Stilte by ’n swemparty

 

BRONS:

No 30 – Etna Wepener met My somersvrugte

No 37 – Cornien Naude met liewe vreemdeling

No 1 – Loret Zwarts met Grasvelde

 

MENINGSTUKKE:

No 1 – Ano met ’n Swart draaikolk in November

No 3 – Loret Zwarts (Lollie) met die Warmste November

GEEN

 

RUBRIEKE:

No 1 – Loret Zwarts met Vir altyd

No 5 – Ano met Ongehoorsame grootouers

No 2 – Loret Zwart met Tyd om te gee

 

ARTIKELS:

No 2 – Ano met Koop-koop se bek hang oop!

No 1 – Marlene Erasmus met Net een Antjie Krog

GEEN

 

VERHALE:

No 1 – Fanus Strydom met Die laaste wals

No 6 – Marlene Erasmus met Lien Meiring se Swart Vrydag

No 2 – Fanus Strydom met Skietstilstand

 

Lees die weninskrywings hier: https://ink.org.za/biblioteek/projek-wenners/

 

KOMMENTAAR:

 

Gedigte

Brons

 

  1. Grasvelde

Daar is ongelooflike mooi beelde in hierdie vers. Ek vind egter van die sinne té lank en dit steur die ritme hiervan baie. Ek dink jy kan hieraan skaaf om dit ‘n selfs treffender vers te maak. Ek dink steeds dit is ‘n besonderse vers.

 

  1. Bosveldliefde

Die herhaling van “vuur” pla. Die spelling van “eggo” is verkeerd anders is dit “ego” wat “ek, self” beteken. Die vers is keurig maar spelfoute hou jou van die podium af.

 

  1. Vlietende jeug

Die vergelyking wat jy tref tussen die lente in die natuur en die menslike jare wat vlietend aanstap is mooi. Die vers is keurig.

 

  1. Verdwaal

Die gedig bespiegel oor die krag wat woorde in die gedagtegang mag hê.  Is gedagtes egter reeds woorde as dit ongesê bly? Die skrywer skep tog die indruk dat die woorde geuiter sal word (lyn 4) maar dit gebeur nie. Die gedagtes betrek wat my betref idees wat ek nie werklik met die “innerlike wroeging” kan vereenselwig nie. Die vers is verbitterlik kripties op sekere plekke wat die gouelyn wat daardeur moet loop, knip.

 

  1. Net genade

Die herhaling van selfs en laaste in die eerste 3 sinne pla my oor. Die gedig herhaal ook “genade” ‘n paar keer en ek is seker daar is sinonieme wat daarvoor gebruik kan word. Die gedig is nietemin teer en mooi.

 

  1. Gewoel

Ek vind dit gedig onnodiglik kripties en onsamehangend. Die digter spring tussen gedagtes sonder die nodige motivering om dit te doen. Herhalende woorde en frases dra ook nie daartoe by dat die gedig meer verteerbaar is nie.

 

  1. Afrikaner se arbeid adel

Alhoewel die sentimente in hierdie vers benydenswaardig is, en die soeke, die strewe en die voortdurende hunkering na voortbestaan in die wese van elke Afrikaner pols, moet die digter waak om nie te omslagtig om te gaan met die boodskap nie. ‘n Kragtoertjie waarin dieselfde boodskap oorgedra word sal ‘n groter impak bied. Ook die gebruik van idees soos “wierook” is volksvreemd aan die Afrikaner en kan onder hierdie omstandighede nie lukraak ingesluit word nie. Ek hou van die idee hiervan maar soos ek eerder noem sal ‘n meer kompakte weergawe ‘n baie sterker boodskap oorbring.

 

  1. Alzheimer en Parkinson as vennote

Om te begin, kom ons bekyk die gebruik van “Ars Moriendi” in jou vers.

Die spesifieke sin sal so lees: “Ek skryf jou laaste kuns om te sterf (af te sterf)…” dan wonder ek of die Latynse tekste waarop dit geskoei is gebruiklik is in hierdie konteks? Ek dink tóg dat jy die verwarring wat met hierdie toestand gepaard gaan baie mooi vasgevang het in wat na ‘n kriptiese vers lyk. Daar is ook onnodige herhaling van sekere woorde wat baie maklik en funksioneel met sinonieme vervang kan word. Die wisselvalligheid in die vorm van die stansas dra nie werklik by tot die algehele tipografie van die vers nie. Die teerheid in die vers is egter opmerklik en ten spyte van al die “akademiese” uitdagings waarop ek kritiek moes lewer, is die warboel van emosie wat verbeeld word tóg duidelik oorgedra.

 

  1. My sintuiglike November

Ek lees die eerste paar sinne en is diep opgewonde oor wat vir my wag, maar dan word ek belas met ‘n sensoriese oorlading. Daar is pragtige beelde hierin maar jy het die leser oorlaai met woordoorbodigheid. Jou gedig sou ‘n besonderse treffer gewees het as jy die halter ingetrek het en nie oorbeskrywend was nie. Ek wil so bitter graag hiervan hou want daar is besondere hoogtepunte in die vers, maar daar is net té veel. Minder sou in hierdie geval meer gewees het. Redigeer die vers en beleef self hoe pragtig die produk kan wees.

 

  1. My rooi Kareeboom

Die herhaling van boom, nie minder as 6 keer in die vers is werklik nie mooi of selfs funksioneel nie. Woorde in die vers is ook lukraak gekies om die rympatroon te ondersteun al het dit nie veel bygedra tot die vers in die geheel nie. Die vers vra vir redigering.

 

  1. Die groot vyeboom

Daar is eenvoudig net té veel herhalende woorde in die vers. Ek is seker dat jy as digter na goeie en gepaste sinonieme kan soek.

 

  1. Oorryp vrug

Ek dink jy wil die lewensiklus van die vrug gelykstel aan die menslike toestand en dat die vrug wat val dalk na die “dood” verwys? Ek sou persoonlik ‘n paar veranderinge aanbring maar ek dink tog dat die vers slaag in sy boodskap. Dit bygesê as ek die vers reg interpreteer.

 

  1. Tyd is kosbaar

Geskryf in die stem van die een wat die aarde verlaat het? Ek dink dit is teer maar die leser sal dit verwarrend vind want dit wil tog klink asof die vers uit die mond van die skrywer aangebied is nie uit die van ‘n derde persoon nie.

 

  1. My somervrugte

Dit is van die mooiste beeldende beskrywings wat ek ooit raakgelees het om vrugte in ‘n mandjie te omskryf. Dit is werklik mooi beskrywend en lieflik aangebied. Dit klink so mooi dat die leser amper die vrugte kan proe. Pragtige, pragtige vers.

 

  1. Bosveldkind

Die vers is keurig.

 

  1. Liewe vreemdeling

Dit is ‘n lieflike vers. Die enigste kritiek wat ek het is die gebruik van “en” in reël 2 en 3. Die vers sou mooi klink daarsonder. Pragtige vers nietemin.

 

  1. Rooiborsduif in November 

Alhoewel jou Akrostigon geslaagd is, wil die gedagtes hierin vir my effe onsamehangend oorkom.

 

SILWER:

 

  1. Raponsie

Die vers sluit besonders mooi. Die res is keurig.

 

  1. ‘n Oomblik in tyd

Ek dink jy het goeie sosiale kommentaar gelewer. Keurige vers.

 

  1. Die Kalahari-bruid

Die gedig is omslagtig, woordoorbodig en eenvoudig gelaai. Die leser sukkel om die gedig te volg. Redigering sal jou vers baat.

 

  1. Sigwaarde

Ek is eerlik dat ek nie verstaan wat die digter met hierdie vers probeer sê nie. Die laaste sin verál maak nie sin nie. Jy het slegs “van” gebruik om met “kan” te rym.

 

  1. Kintsugi

Ek dink die verpersoonliking van hierdie kunsvorm is pragtig. Jou vers is werklik mooi ontwikkel en besonders aangebied. Dit is ‘n onoortroffe poging. Welgedaan.

 

  1. Stikkende roep

Die rou emosie hierin is tasbaar. Ek sukkel om die slikdam met die see te vereenselwig, maar digterlike vryheid laat jou toe om die drade bymekaar te bring soos jy goed dink. Die beeld van soutkook is baie mooi. Keurige vers.

 

  1. Stilte by ‘n swemparty

Ek dink jy het slim te werk gegaan om hierdie onaangename ervaring te vers. Die vers is mooi en aangrypend. Welgedaan.

 

  1. Transkribeerder

Die gebruik van gutturaal is mooi in hierdie konteks maar dan moet dit reggespel wees. Onthou spelling is ‘n digter se enigste goeie wapen en as dit nie korrek gedoen word nie word die werk geken aan daardie een fout. Ek sien nie spelfoute oor nie en hou dit jou van die podium af.

 

  1. die ding van droogte

Hierdie gedig is aangrypend en treffend omdat dit sonder opsmuk geskryf is. Sulke eerlike, uit die hart, verse maak altyd ‘n goeie impak op die leser. Dit is hierdie tipe werk wat die leser onthou. Die konstruksie is pragtig en die ontbondeling van die gedagtes vind werklik mooi plaas. Welgedaan.

 

  1. Vredeoase

Die vers is amper ‘n moderne Praslm 23. DIt is mooi en teer geskryf en die aanbieding is ook besonders. Goeie vers.

 

  1. ‘n Limiriek (Bettie Viljoen)

Ek dink jou limiriek is geslaagd. Moet asseblief nie elke sin met ‘n hoofletter begin nie.

 

  1. Kaplyn

Ek sou meer van die vers gehou het as dit nie so kripties was nie. Ek vind nie goeie vloei hierin nie en daarom lees die vers vir my ritmeloos.

 

GOUD

 

  1. Genesis

Die slot in die vers is vir my mooi. Die res van die vers lees asof die digrter ‘n versameling woorde in ‘n hoed gegooi het, daaraan geskud het en lukraak daaruit getrek het om ‘n vers te bou. Die vers is werklik kripties maar behou soveel potensiaal.

 

  1. Skrywerskepping

Dit voel vir my asof hierdie vers deur dieselfde persoon geskep is wat “genesis” geskryf het. Dieselfde kriptiese styl wat net eenvoudig nie vloeiend lees nie.

 

  1. Digters en die liefde

Alhoewel die gedig in ‘n ligte trant geskryf is, en natuurlik waar is, voel die standaard hiervan vir my eenvoudig net nie soos iemand wat in die goue klas moet deelneem nie.

Ek is nie oortuig dat dit die beste weergawe van hierdie vers is nie.

 

  1. Oopkant vriende

Ek het my beste probeer maar kon geen sin maak uit die vers nie. Ek het geen idee wat die digter hiermee bedoel nie en wat oopkant vriende behoort te wees nie.

 

  1. Frustrasie

Die titel hierin spreek boekdele. Nie net is die digter met frustrasie oorweldig nie, maar die leser ook. Ek kry nie vat hieraan nie en dit voel soos ‘n kriptiese gebrabbel waaruit ek niks geleer het nie. Ek ken nie die digter beter nie, en kry nie die boodskap wat bedoel is nie. Ek is seker dit is nie die beste weergawe van die vers nie.

 

  1. EN toe moes ek weer skryf

‘n Pragtige en beeldryke vers. Dit lees lieflik ritmies en werk sy pad tot ‘n uitdruklike klimaks. Mooi gedoen.

 

  1. narciccis

EK dink die konstruksie hiervan is swak en dit is vir seker nie die beste weergawe van hierdie vers nie.

 

  1. satyn

Teer en keurig. Mooi gedoen.

 

  1. Verskeurde gedagtes

Kort, bondig en treffend. Die slot is ‘n teleurstelling na al die mooi beelde wat geskep is.

 

  1. Tronk

EK verstaan die idee agter die vers maar is dit goue standaard?

 

MENINGSTUKKE

 

  1. ‘n Swart draaikolk in November

Ek dink jou mening word deur baie gedeel. Desember kan vir seker baie lank word as jy nie gehoor gee aan jou begroting nie. Die menslike toestand in die era van die verbruikersmanie, is ‘n gevaarlike, moeilik om nee te sê fenomeen. Mooi geskryf.

 

  1. Hoekom skryf ek? 

Ek weet jy poog hierin om die leser ‘n insig te gee waarom die kuns van skryfwerk vir jou belangrik is en wat die doel daarvan vir jou persoonlik is, maar ek het die herhaling van “skryf” en “skryfwerk” hier in steurend gevind. Jy kom dieselfde boodskap oordra sonder om die leser konstant te herinner waaroor die meningstuk handel. Jy het egter jou hart op papier gesit en dit is keurig genoeg gedoen.

 

  1. Warmste November

Die kategorie bied die geleentheid vir skrywers om hul persoonlike mening te verwoord. Jy het dit gedoen. Nie almal sal saam stem nie, want nie almal wat koop is ontneem van hul geloof en rede vir bestaan nie. Jou mening is egter net so belangrik soos hul s’n wat nie noodwendig met jou sal saamstem nie.

 

ARTIKELS

 

  1. Net een Antjie Krog

Jou artikel is interessant met baie feite en goeie navorsing. Daar is egter gedeeltes (veral waar die toekennings gelys word) wat baie kripties en slordig is. Dit kon baie eerder netjies deel geword het van die artikel en nie ‘n aframmeling van die feite nie. Dankie hiervoor.

 

  1. Koop-koop se bek hang oop

Baie insiggewende artikel. Netjies aangebied.

 

RUBRIEKE

 

  1. Vir altyd

Pasop vir té lang sinne as jy skryf. Dit verloor die gedagte. Keurig geskryf nietemin.

 

  1. Tyd om te gee

Die geheim met so ‘n hartsgeskenk is om dit anoniem te doen. Jy is korrek. Mooi geskryf.

 

  1. Swart Vrydag: ‘n persoonlike perspektief

Ek is seker pedanties maar hierdie rubriek is nie ‘n persoonlike perspektief nie, maar eerder ‘n moeder wat haar kinders waarsku: koop reg, of niks! Goeie raad. Mooi geskryf.

 

  1. Hierdie nommer is per abuis oorgeslaan en het geen inskrywing nie!

 

  1. Ongehoorsame grootouers

Dit is ‘n sterk bewoorde rubriek. Ek gaan nie ‘n mening oor die inhoud lewer nie. Ek dink dit is goed en netjies geskryf.

 

VERHALE

 

  1. Die laaste wals

Sinkonstruksie op plekke is slordig. Die storie het ‘n verrassende wending en dit is mooi en teer geskryf.

 

  1. Skietstilstand

Die verhaal sluit stomp. Die leser sou wou weet wat die uitkoms is. Ek dink tog dat die kortverhaal keurig is.

 

  1. O vet! Eva aan die woord

Die karakters word nie vir my goed ontwikkel nie. Daar is baie name en steeds weet die leser nie wat die protagonis gedoen het nie, en waarom nie? Ek weet dit is ‘n kort verhaal maar daar was nie voorskrifte nie daarom kon die skrywer meer tyd spandeer het om die storie beter te ontwikkel.

 

  1. Muismoles by die tandmuis se huis

Oulike kinderstorie.

 

  1. Gatvol

Die storie is werklik onverstaanbaar. Ek het nie die ontsluiting daarvan verstaan nie.

 

  1. Lien Meiring se swart vrydag

Keurig.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed