net ek en die wind
die son breek bleek oor die horison nog ‘n dag se lëe belofte sonder jou ‘n visarend eggo my hartseer oor kranse van beton en in die stilte van alleenwees snik my hart ‘n bitter traan @Amanda
My land, my lewe, my liefde
My land, my lewe, my liefde Ek ruik die rooi in die grond van my vaderland terwyl die son oor die veld en die horison brand en kwagga en wildebeest stof opskop in die Namib luister ek na die grys kwêvoël se gesanik oor die kranse en klowe word ‘n nuwe dagbreek belowe AmandaDM
Respek vir twee wiele Goud 518 woorde
Hippies. Takhare. Gamtoosvallei gommies. Ek hoor nog my pa se stem wanneer die ‘bikes’ verby die huis brul. Dan vryf hy oor sy yl hare en streel oor die letsel bo sy oor. Fietsketting. “Die bliksems het my vir dood agtergelaat”. Ek swaai my been behendig oor die 1200R BMW. Die koue staal klim deur […]
Smekend
krakend brekend verwaarloos verdroog woordloos perkamente omring die siel soos reën sonder ‘n son, geen rëenboog droë druppels splinter verder snye diep verwond verward vervreemd ewig verlaat blitse wat diep slaan verbrand in die hart krakend kreunend kruipend kermend gee o grote God gee genade gee grootheid gee gesondheid gee Godheid gee, gee, gee labri […]
Leef u kind in ‘n warm of koue huis? (Goud) 522 Woorde
Hierdie vraag het niks met fisiese hitte en koue te doen nie. Die vraag wat u eerlik aan uself moet antwoord is: Is my kind se ouerhuis vir hom ‘n plek van liefde en aanvaarding? Is dit ‘n plek waarvan hy onvoorwaardelik deel is? Is dit vir hom sý plekkie in die (warm) son?” Jeugmisdaad […]
Kinderspeletjies (Goud) 575 Woorde
Onthou u nog speletjies soos wegkruipertjie en tok-tokkie? Ek en my broers het hierdie speletjies nie net in die helder daglig gespeel nie. O nee! Die opwinding was soveel groter om in die pikdonker na die een te gaan soek wat wegkruip of om aan die buurman se deur te gaan klop en dan in […]
ONRUSTIG
ONRUSTIG Ek kry nie my lê nie rol rond, rol rond van Fowler’s tot flowers van asemnood tot grond my idee van ‘n uitsiglose bestaan ’n kommerplant laat oprank in my wese belaai met vrese oor die permanensie van vergaan wat alles afhang van vrye keuse gebaseer op feite – volgens my, bewese. Ek kry […]
Grond en olywe (silwer)
Grond en olywe (718 woorde) Die dag toe my boer my gevra het om te trou, was hy nie ’n boer nie. Hy was ’n onderwyser. Ons het mekaar op die eerste skooldag van 1994 in die personeelkamer ontmoet. Hy was in klaskamer 6 en ek in 7. Hy het spiesgooi afgerig, en ek skyfwerp. […]
herfs (silwer)
Herfs Herfs knak ruggraatloos buig laag laag voor Winter wat ystande wys en bloei in oranjerooi en geel wat strome maak teen Herfs se keel en a f d r u p oor kranse van laatmiddagson en windstil aande terwyl doodsangs kleef teen tak en stam tot die laaste asem v a l ©Hester Steenkamp […]
Aanraking (vir Julie Projek
My oë flikker glimlaggend wakker waar die sterrehemel nog helder skyn flikflooi ligstraal in ’n sagte flonker in die skimmeldag wat haastig verskyn in die diepte van jou siel jou oë straal liefde stroopsoet so wyd soos die see liefdesgolwe trek en maak my bewoë vreugdevolle minnelied doen ek mee in boomtoppe se […]