blare
dit is ‘n oerboom hy verloor baie blare sy blare verbruin en val die grond om hom verryk sy blare verdwyn egter nie as jy mooi oplet is daar nog sulke bruin blare wat blink wat vernuwing verkondig ‘n teken van diep wortels wat met die seisoen weer nuwe gladde blare genereer so is die […]
liefdesbaan (Goud)
waar die groot aardreuse ongestoord rondstaan en heuwels bolrug maak waar bergstrome kab’lend hul klippergang gaan in diep eggo-valleie en klowe waar die grasvelde tot rus kom om met die sluier van die silwer maan se straalglans bedek te word dáár sal ek wag vir jou om in ons eie liefdesbaan ongerepte […]
volmaan (Goud)
die volmaan kom groet die sterre en die goeie aarde tussen tweeling boomtoppe hurk hy stil hy reflekteer silwer-wit lig en bewerkstellig omtowering van ‘n stikdonker nag in magiese skoonheid daarna beweeg hy siklies voort in sy eliptiese baan van lig en donker
Diamantgedig: Bloeddiamante (brons)
Bloeddiamante bloedbevlek skitterblink vermoor, beroof, bedot gemyn, gewas, geslyp, gevyl verkwansel, verkoop, verkul regte egte kontorsionis
Junie 2023 – Winter projek – Kommentaar en uitslae
Baie geluk aan hierdie 15 lede!! WENNERS GEDIGTE BRONS: NO. 6 Elna Kruger met Misrypkoue 2.NO. 11 Pieter Mostert met Duinegras NO. 13 Dale Penderis met Wind en ys EERVOLLE VERMELDING: 12 Pieter Mostert met Grasangelier 5 Elna Kruger met Winterhaikoe SILWER: 1.NO. 9 Hester Steenkamp met Wag vir winter NO. 8 Hester […]
Geheim van die woud (brons)
Die laaste lewende mens van die Tanaru inheemse stam in Brasilië is in Augustus 2022 voor sy huis doodgevind. Beamptes van FUNAI, ‘n organisasie in Brasilië wat hul inheemse bevolking beskerm, het bekend gemaak dat hierdie stam nou amptelik uitgesterf is. Die man is in ‘n hangmat voor sy strooihut gevind, omring deur helder papegaaivere […]
Tussen dagbreek en drome (Goud)
Op ‘n vergange Namibsnag het die wind ‘n kronkellyn tussen die duine deurgesny en in ‘n vae newellaag agter die horison verdwyn, wat in nuanses van herfsrooi fabelagtig in die glimlig van die môreson gegloei het terwyl ‘n nuwe dag hemelmooi agter die heuwels uitgebroei het, net toe nog ‘n roestraan van die bloedmaan in […]
bejaard
gemeet in jaarts, voete en duime ja dit is sy lewe uitgespel vandag al die grondpaaie geyk op sy gesig met elke jaar, maand en dag getel kom die geluide van bome wat val al om hom druis, en dreun dit luid op die randakker van sy perifiraal verdwyn die bekende gesigte snel al gaan […]
kleinletters vir ‘n vooskop
ek het vir ‘n wyle vergeet dat dit toe nie die son is wat draai, maar dit maak glad nie saak, want alles om my is nou so donnerstotvergetenstoe deurmekaar dat tot ek ook glo die kat snags op my dak ‘n lover uit ‘n vorige lewe was wat sy asemsnoet weer sag in die […]
Dorsgety (Goud)
hier, waar ek en jy onbewoë op ons agterstewe sit en opgetoë toekyk hoe Godswater oor Godsakker sypelend aanstryk, delf ons eintlik lankal die gatkant van die onderspit dwarsdeur die polsende are van moederaarde se onherwinbare hart; waar minerale edelmetale en lawende waters onder die oppervlak stelselmatig sak en krimpend knak (om ‘n dorsgety te […]