Die melkweg (Epiese gedig) – Silwer klas
Die melkweg (Epiese gedig) duisternis sambreel die son se laaste vlek op die uitgestrekte horison triljoene vlammetjies diamantjies verskyn uit die hemel se sterremyn en speldekussing die fluweel van die nag sterrekonfetti sterrewolkie die melkweg en rondom die sekel van die maan raam die prag van die naghemel die aandwindjie fluister soel en koel deur […]
Briefie in die sand (Engelse sonnet) My Liefling – Silwer klas
Briefie in die sand (Engelse sonnet) My Liefling ek sit hier in uniform onder ’n groot kremetartboom patroon ek met ’n R1 hierdie briefie vir jou in die sand geplot binne die ruitverwysing van ons droom ek kan nie vir jou sê waar ek is, maar ek verdedig my land jy ontplof my hart met […]
Die vrou van die straat
Die vrou op die hoek van die straat Sy staan op die hoek van die straat, haar hande blou van die koue. Vroegoggend en nog donker, maar sy is vir werk paraat. Robotte werk nie en karre staan in toue. Tog sien niemand die vrou raak wat so vir haar en haar seun die lewe […]
Adonis
Adonis (Brons) Breebors het hy oor haar geleun tot hy mond tot mond begin. Die frisgeboude boereseun en sy, die halfverdrinkte meermin. Toe sy lewensredderlippe aan hare raak, kon sy voel hoe die lewe in haar terugkeer, maar dis eers toe sy haar oe oopmaak dat sy werklik sy skoonheid kon waardeer. Nou is dit […]
Die spasies tussenin
Die spasies tussenin spasies gevul met niks of so wil dit voorkom grenslose leegheid of, dalk miskien nie ek rig my oë op dít uitgestrekte leegheid golf partikulêre dualiteit en ek vind die spasies tussenin dis ‘n primitiewe vasval in dryfsand as jy dwaal deur die neocortex van die […]
L-E-W-E
L-E-W-E is lewe ‘n komplekse tapisserie met ingewikkelde fraktale, met ‘n innerlike gids wat ons vergesel en niks deur toeval gelei word ons so kwesbaar … soos ‘n spieël in ‘n raaisel verberg-nog-nie-openbaar nie of is dit daaglikse komplekse keuses, robuust geïnkarneer as ‘n ongewone kunswerk beïnvloed deur ‘n delikate balans van bewuste en onbewuste […]
Ek het jou gedra
Ek het jou gedra Ek het jou gedra oor die duine van my lyf deur nag se bangmaak-kyke het ek jou vrees verdryf Ek het jou gedra deur my hart se kronkelpaaie en jou drome het ek gebêre in onthou se koesterlaaie Ek het jou gedra in gebedewoorde op papier en jou treurpsalms gekoester deur […]
Nag van verlange
Brons Nag van verlange Kaapstad gooi sy flinkers oor nag se lyf hier waar die sterre geruisloos in die hemelruim se donker poele dryf die son het reeds lankal sy oë gaan rus daar agter Tafelberg se lenige lyf het hy sy skyn se warm asem gaan blus terwyl dag wag om weer oor die […]
Julie 2023 – OOP projek
Beste INKers In Julie pak ons weer ‘n oop projek aan. Daar is dus geen voorskrifte in enige kategorie nie. Dit laat spasie vir jou as skrywer, in watter genre ookal om jou vlerke soos wyd moontlik te sprei en ons met jou talent te bederf. Lekker skryf. Innoverende mense skryf in Afrikaans. Skryfgroete Projekbestuurder […]
opreg koud
kraakvars waarhede in skanse van prag en praal snoesig in rypdos (rypdos….sagte ryp wat val) © Francois Meyer (Silwer)