HONKIE DONKIE
Honkie donkie, Is ‘n luie dier, Hy wei die hele dag, In grassies so sag. Honkie donkie, Is ‘n luie dier, Hy wei die hele dag, In grassies so sag, Hy behoort aan die boer, Na wie hy heeldag loer, Honkie donkie Is ‘n luie dier, Hy wei die hele dag, In grassies so sag, […]
VROU VAN BEPROEWING
(opgedra aan Lalla) Jy, vrou van beproewing, Gelouter deur die jare van smart, ‘n hartseer egskeiding, Die toekoms lyk maar swart, Om drie kinders alleen groot te maak, Sowaar, die Here het oor jou gewaak. Genade van Bo bring vir jou ‘n jeugdige man, Iemand wat liefde en vreugde in jou hart bring, Deernis, liefde […]
jou lied, jou melodie
22/07/2018 jou lied jou melodie – Da Capo (al fine) “Die lewe is ‘n lied” antwoord die vriendelike polisieman vir my so op sy sangerige manier van praat en ons lag te lekker oor sy “sê ding”. Vandag was ook nie veel anders gewees nie “die lewe is ‘n lied” sê hy met ‘n glimlag […]
Windfluisters
Aan die windfluisters van jou ritsels hang al jou vergete mistieke gisters … toe jy sien ek luister, raak jou roep dringend – jou takarms beduie krakerig en wringend wyl die by om my kop knaend pla, tussen my en die pers laventel kla. Aan die windfluisters van jou ritsels hang son se kalm warm […]
Op vlerk
Vroeg oggend wakker voor die son, ek wag vir hom Wat is dit met die mens, die beheptheid met die lens Elke oomblik word gestol, op geheue stok en film rol En dan die nuwe dag gebreek, oranje vuur op horizon Wat sien jy in ‘n kind wat lag, in sy oё vol lewenskrag Kinders […]
Boere resep – Oond gebakte baber.
(Opgedra aan Dennis) Hierdie beproefde reseppie is ingestuur deur tannie Vokkens van die papgooi klub, om verligting te bring vir die moeilike finansies van ons tyd. Jy benodig: 1 vars gevangde baber (medium) 1 ses duim spyker en ‘n goeie hamer 1 stewige boom 1 of 2 skerp messe 1 skoon tang 1 rol papier […]
Die foefie slide.
Na my en Jannie se teer debakel, was daar ‘n verstaanbare kommunikasie stilte tussen die twee gesinne. Wat dit eindelik tot einde gebring het, kan ek nie meer mooi onthou nie, maar dit moes dalk ‘n troue of begrafnis in die familie gewees het, wat die twee susters weer na praat gedwing het. Hoe dit […]
Plaas vakansie
Wat kan dan nou lekkerder wees as ‘n skoolvakansie op die plaas. Vir my, wat op ‘n plaas groot geword het, met die voorreg om elke dag met ‘n bus skool toe kon ry, seker nie so lekker, as vir die kinders wat op die dorp gebly het nie. Maar, reeds toe, het ek geweet, […]
SHEIK NASSER AL BYAN
Jong sheikh Nasser al Byan se kop ruk op. Hy kyk sy moeder aan asof sy skielik in ‘n ruimtewese verander het. Hy het gehoop sy het al vergeet van die troustorie. Aarde, hy is ‘n man van agt en twintig. Hoe kan hy haar toelaat om vir hom ‘n vrou te soek? “Begin Ma […]
Versoeking
Versoeking kom klop mos altyd aan jou agterdeur in die nag. Die nagte wanneer die maan weier om sy valse lig deur jou vensters neer te stort en selfs die sterre agter stormwolke wegkruipertjie speel. Ek praat van daardie nagte wanneer dit selfs nog donkerder binne-in jou is. Dis in daardie duister waar die duiwel […]