Geld wat stom is
In rooidag se guldestond fladder verwyte vlymend rond soos vonkvlinders wat ywerig na die sterre raap voor ń nuwe dag die nag se laaste asem ylings op kom skraap Terwyl hy heelmaak wat krom is met geld wat stom is koop sý hom soms met ń varingblom om… betaal hy vir liefde wat hy nóóit […]
Ek vlug soms, lief
Goud Ek vlieg soms oor ons land, my lief ’n enkeling aan’t vlug van hierso tot ’n verweg plek soos duiwe deur die lug. Ek vlieg soms waar die wolke wit oor berge heen en t’rug so asof ek nie bang is nie soos duiwe deur die lug. My lief, die veld is soms […]
VERDAMP
my lyf is ‘n tydwrak in jou hande van vergeet – jou hande kon eens die ritme van woordkuns weergee die plofstof het verdamp in ‘n eensame sug en verlange is die hoop wat ons liefde isoleer die tasbaarheid van tyd se wysers is die winterkuil waarin ons skuil my lief, jou afwesigheid is rein […]
Onreg
Kom haak aan my hart ‘n lanfertak sodat verbloem kan word my diepseer smart. ©Driekie Grobler
HERE U IS MY ANKER
HERE U IS MY ANKER Here U is my enigste anker wanneer ek in my lewe wankel soos ‘n boot wat teen rotse bots is U my ewige rots sonder U genade is ek niks verander my lewe in ‘n blits U vul my kompleet in my lewe dis al waarna ek strewe Here U […]
HERE ONS HET U NODIG
HERE ONS HET U NODIG Here ons het U altyd nodig ons sondes is geweldig oorbodig die lewe voel so kaal en vedwaal wanneer gaan U die mensdom kom haal Here red ons uit ons sondeskuld dit voel kompleet of die lewe ons ietsie skuld raak ons aan in murg en been waar gaan ons […]
En dalk nog Simonsberg se hang
Goud dis oukei as jy wil weggaan terwyl die muisvoëls bessies vreet – ek verstaan as jy van alles en van die mossies wil vergeet en van die boom en die visdam, die skewe grense om my tuin; van my houthuis met die venster en die son wat daardeur skyn (dis net ek en […]
2 julie 2018 (en die pers heks van Blommeland skryf)
Goud My liefling, dit is winter en ek verlang weer, dis maar al – hier vanuit die Kaap waar die reën vanjaar in strome oor die Weskus en die Boland val. Die bitter van die droogte is uiteindelik verby en water stort oor kranse by Jonkershoek, De Doorns en Grabouw. Vol riviere raap nou […]
Versamelde gedagtes
Só sonder om een maal om te kyk of tale te gebruik om tekens rondom ons weg te wys skryf ek jou af vir een laaste maal herskryf ek summier jou skrif teen die muur (wat jy om ons gebou het) en skend ek die stiltes wat altyd om ons sal swyg soos ‘n oop […]
‘n Dag soos dié
die dag was winderig en warm – soos dit maar met ooswind gaan – dit ruk en pluk als heen en weer en dwing die stof deur elke skeur maar hierdie dag was anders… wolke het soos skepe voor die son verbygedryf die son’t tussen wolke deur strepe silwer oor die see geverf en later, […]