Letsels van liefde
wyl sy kleure van vergifnis op ń skilderdoek verf skraap sy hartseer oorblyfsels bymekaar met letsels van liefde in haar hande gekerf die gelag het sy alleen geërf en in pekeltraanstroompies bewaar wyl sy kleure van vergifnis op ń skilderdoek verf verbloem sy die wrokke wat haar vrede bederf in indigo-poele opgegaar met letsels van […]
Tuiste vir goddeloosheid
Tuiste vir goddeloosheid Jou geheimsinnigheid lê diep veborge in die steenwerk van jou fondasie jou eensame verlatenheid vertel tog van ‘n tyd van lief, leed en lag ‘n tyd waarna jy sekerlik nog smag ek brand om na jou stories te luister, om te hoor wat hierdie mure fluister – maar deur jou gebrokenheid sal […]
Nie deur sonde blind …
Hy is nie deur sonde blindgebore, soos die fariseërs dit graag wou hê, ‘n bedelaar wat langs die tempelpoorte lê. Sy ma kon wees, goed en gelowig of ‘n heks, ‘n dief of, o! behoede my, ‘n egbreekster, skynheilig verby. Pa is ‘n Jood, deel van die volk wat uitverkore Sy gebooie onderhou, maar wie […]
my melodie vir jou
jou fluisterwink het ek gehoor sommerso in my oor ek het gedroom ek glo sowaar dit kan nie wees is jy nog daar? jou stem soos goud, ek’s dan alleen nou leer ek weer fluweel van omgee verander nooit verseker my ek sal nie spyt die hoogtes in sal jy my lei my asem stil […]
bitter van eensaam
in die laatmiddag waar stofwinde spoed optel en die son anders as gister se rooi agter die weste se vaal stof inval, breek haar moed en versplinter haar masker soos die dam se watervlak onder die wind verrimpel. heldergeel sak die ewigson op sy plek soos beplan om oorkant die oseaan ’n nuwe dag aan […]
Transkripsies
so vertroebel ons oor tyd, in transkripsies van my smart – letsels wat steeds skryn teen die grein van jou hart ©Alkallie 13/7/2018
Moedertaal
Gestroop tot saad: só omgord ek jou. in weefsel en bloed aan my toevertrou – geykte denke, woord word taal, diachronies ‘n unieke verhaal. Op die wieke van die wind: só herhaal ek jou. uitgepluis, bedink – ontkiem jy vrylik deur my lippe, op papier ink © Alkallie Viljoen 13/6/2018
Rooihoedjies en Rooikappies
Veronica is besig om dit te verloor. Sy sit in die middel ry in die minibus, nie eens langs ‘n venster nie, omring deur haar sewe Rooihoedjie vriende. En die massiewe pers rugsakke wat elkeen gekoop het vir hul toer. Miskien sou sy kon gewoond raak aan die klein spasie as die grootste treffers van […]
Verskoon my
Vergewe my dat ek onfilosofeer vannaand al amber wysheid in my glas… My denke is bloot so gekalibreer dat my ondink sinpraat keer. Vergewe tog dat ek woorde van liefde onsê vannaand al lê bewyse so ondiep… my voel is bloot te sinies om weer en nog `n keer te glo dit is nie ongoed […]
Vals deuntjies vir moeë harte
Jan Pierewiet Jan Pierewaai MY Jantjiepiet sit stil. Die kinders huil, die huis is vuil, maar my Jantjie Piet sit stil. So hou jou soen, my man ‘k maak steeds koffie vir jou kan en jou na-saad maak ek groot; sit maar nog, ek smeer jou brood. Ai Jannie-Piet, my Pietie- peits, stug Pieter-Jan rol […]