JUNIE: Projek uitslae en kommentaar
Junie Projek – INK Kommentaar en uitslae WENNERS: GEDIGTE: Goud: 1 ste (No. 14); Carma Shaw met Delvillebos (op ‘n dag in Julie 1916) 2de (No. 10) Anzé Bezuidenhout met Winterreën Silwer: 1 ste (No. 6) Estelle Rubouw met Oggendlied Geen 2de en 3de plekke Brons: (No. 7) Denise van Rensburg met Semelkop Geen 2de en 3de plekke. […]
Holte in my hart (stergradering Silwer)
Daars ‘n holte in my hart geruk waar jy nog gister was swaar soos lood en net so grys ‘n grou kolk van verlies Mettertyd sal jou huppel weer die holte vul met vreugde van onthou maar vir nou wil ek ‘n pers kombers van hartseer om my vou © Estelle Rubow 14/06/2018
Stofpad
stofpad na wie weet waar met spore diep getrap en onverklaar slingerend deur onbekende ruigtes se Niemandsland na uitgestrekte wydtes kinkeldraai in war gemoed wat afwagtend na antwoord soek roekelose spore trap wanneer stofpad-verleiding roep ©Driekie Grobler
Skimme van tyd
Soms wanneer lig se vuurtong oor jou lippe oker, deur die skanse van jou kilheid breek – ek vir ’n oomblik (of langer) my vlerke kantel teen die hitte van jou son – wil ek glo die dag het gekom dat jy my broosheid sal toemaak en my vir ewig in jou diepste geheimenisse sal […]
Jong oumens
Jong oumens Met ogies wat deur trane swem is sy ‘n kleinmens met ‘n oumens stem wat veel ouer as haar jaar vertel “ek weet ek moenie, maar ek kan nie keer ek ‘worrie’ oor almal se seer” my hart wil haar hart bedek as ek dink aan die wêreld en al sy onreg sy […]
Die Rooiposbus (brons afdeling)
Ek stuur vir jou ‘n brief my lief, in die rooiposbus wat groot en enorm hier op die straatkant staan. Ek gooi my brief hoog bo in en ek weet dit bly sweef tot vêr anderkant skemeraand. Sien, die lyne van my brief se woorde wat strek oor verre vlaktes en rante oor die grysgroen […]
Net ‘n Droom (brons afdeling)
sien jy ook die sterre vanaand, my droom onthou jy nog die dae onder ons wilgerboom die reuk van groen geil gras en papawers waar ons kon lag en droom, speel met klawers voel jy ook die sterre se streling, my droom hul aanraking so koel ‘n lawende bergstroom die tintelervaring wat teen jou rugraat […]
Op ou Treinspore (brons afdeling)
ek wil “eendag” vang en wegbêre wil dit in ‘n kardoesie toemaak en dit iewers gaan wegpak dit hou vir die “môre” wat kom saam met jou wil ek spore los in bergstroompies gaan plas en spoelklippies laggend opraap dit hou vir die “môre” wat kom ek wil saam met jou op ou treinspore loop […]
My hart behoort aan jou
Ongeag alles wat tussen ons die afgelope tyd gebeur het, behoort my hart net aan jou. Jy met die mooi bruin oe die soenbare mond en die begeerlike lyf is die een wat my hart gesteel het. Ek wil jou vanaand vra om mooi daaroor te dink om my nog ‘n kans te gee om […]
Stukkende vrou
In die skadu van ʼn hoek sit ʼn vrou en huil. Sy hoor die hoe-hoe van die uil haar hande bewe oor haar kop vrees terwyl hy haar weer en weer skop. ʼn Red gebed is al wat sy het sy vuiste reën oor haar neer die bloed stroompies oor haar wange is wat hom […]