Moeder Taal….Afrika Taal
Moeder Taal….Afrika Taal Aan die suidpunt van Afrika breek ‘n nuwe dag oor horisonne heen…‘n nuwe hoop vir ons… ‘n eie taal die genesis van ‘n taal, nog altyd verberg om bekeerd los te breek, opsoek na sy eie eer Diè taal is ‘n kind van Afrika oor grense heen geliefd en gekoester vir almal […]
Winterreën
Winterreën Ek staan alleen en skielik is dit aand; so het die winter my met ‘n blanko blad gelaat, waar sy haar nat asem in grou slierte oor die bergpieke vee. Ysig doen sy haar sustersdans; deur takke van die Soetdoring wat gedienstig en nederig (asof in stil aanbidding) voor haar aanslag buig. © Anzé […]
Mevrou Noag
Vanaand kook jy! Ek is op, gedaan… sou nooit kon dink dat dit met my so swaar op hierdie reis sou gaan nie. My kop draai van die lawaai wat nooit stil word of selfs sagter en met die skoonmaak van die plek is ek sewe weke agter. Vra ek jou nou, Noag: Hoe gaan […]
Lagunenberg
Uit die eb en vloei van lig en lyn, ewig deinend soos die seegety, verrys Lagunenberg haar glansend’ mere opgedroog, al lank nie meer die ys en reën – die vlaktes lê stom om haar heen – eens majestueus, nou net nog ‘n griffelplaat vir die graffiti van ons tyd, letsels oor haar mooi gelaat […]
Die groot misverstand
Alida kners op haar tande. Sy het nog nooit so beledig en geminag gevoel nie. Hoe durf die Gerda vroumens en die ander vrouens, wat haar nie eers ken nie, sulke nare dinge van haar kwyt raak wonder sy geskok hier waar sy in haar motor sit. Maar die ergste is haar man Gerhard se […]
Die ander vrou
“Lenie, ek dink Wynand verkul my met ‘n ander vrou!” sê Inge in ‘n tranerige stem vir haar vriendin aan die anderkant van die lyn. “Ag nee Inge, Wynand sal nooit na ‘n ander vrou kyk nie, hy is te lief vir jou.” “Lenie jy verstaan nie! Wynand is skielik so geheimsinnig. As hy oor […]
Semelkop
Metafore aborteer en beeldespraak die kantel. Verfynde taaltegniek ten spyt begin woordbravade wankel. Ek transponeer my liefdeslied na toonleer van gewoon en voel my minnesang ontaard in bloot net nog `n kloon. My lyf se tango minag jy: ons dans die struikel… stop. En hier sit ek weer, oudsgewoon, voor jou deur en klop.
Oggendlied
SILWER GRADERING as die nag nog huiwer in indigo-blou, my droom nog soos misvlae aan onwerlikheid klou, ryg flaminke hul groet aan die seewind se grou wyl misslierte uit die naglug wyk sing die bossanger borrelend die morestond rooi, breek sy bruisende liedjie die dag wondermooi die see lê wyd en baie blou, kaats sterre […]
Vir Marika
SILWER soms word ons pad met duwwels besaai maar jý het verkies om die blomme te maai soms staan ons weerloos teen die lewe se slae jý, daarenteen, sal dit glimlaggend verdra as branders jou teen die rotse wil slaan jou gees wil verdor soos ‘n brak pan se klei jy voel of jy breek […]
Die Liefde
Die Liefde Soos ‘n hert wat smag na stille waterstrome so smag die liefde in sterk lewensstrome na respek en aanvaarding vir sy vele opoffering Van kindsbeen wil hy ons betower met ‘n verlange wat ons harte verower terwyl sy selfsugtigheid kenmerk ‘n Hemelse waardigheid Kennis en rykdom gee mag maar die liefde maak sag […]