Nuwe jy
ek wil jou seerkry uitgiet uit jou gekraakte kruik van brose vlees; jou opnuut vorm op my pottebakkers-wiel, met my hande, jou sagkens beeld – wyl ek vorm ‘n nuwe kruik en jou dan weer volgiet van liefde en kompassie. ©callie 2015
Kosbaar’ lewenskrag.
Die stroompie kronkel af, soos ‘n voetpaadjie teen die berg. Wiegend neurie sonder woorde, sonder enkel klank sonder leed. Langs die stroom staan ‘n ou, doringboom. Hy bied die lawe-koelte, op ’n warm snikheet-dag, Drup sy eie hartseer gom – oor ’n stam lank reeds krom.
Tinkerbel
Uiteindelik het ek myself weer gevind met my arms gevou om my kind my siel verstaan dié heilige liefdesdou van soete woordjies wat aan my wese klou. Wyd het ek vervreemd verwaai, eentonig soos ‘n ou gesang in die donker het ek met dorre hande rondgetas, bleek-bang deur ‘n skim-naelstring het ek gehoor hoe haar […]
Herfsblom
Herfsblom is my naam in magiese skitterprag om helder te skyn. © Caren Kearley Kopiereg Voorbehou
Solo-kaberet
haar masker het geval; die vertoning het afgeloop latente lewenstrane loop liberaal oor haar wange haar solo sopraan stem het sy opgedra net aan hom haar masker het geval; die vertoning het afgeloop stil-stil blom goudgeel lelies oor die verhoog se planke voor die wit klawers van haar laaste decrescendo klanke haar masker het geval; […]
Delvillebos (op ‘n dag in Julie 1916)
goud Vanoggend het Fanus Venter* ‘n nare voorgevoel… en net daar !PLOF! iets in die sandbank – dis die eerste ligdagkoeël. Teen die walle van die Somme is die duiwel eensklaps los tussen kaal geraamtebome – dit is die slag van Delvillebos. Vir die jong man van die Vrystaat is die masjiengeweer se vuur (genadiglik […]
Vir ‘n prinses
Goud Punt jou tone teen die blou; kyk hoe lief die winde jou voete wat soms kaal is en soms hoëhakskoene dra. En sou ’n prins jou ooit kom vra om sy goue ring te dra – soek diamante in sy oë, vra hom of hy glo in die liefde, of hy omgee vir die […]
‘n Herfsnamiddag op Stellenbosch
Goud Terwyl witstamberke se blare geel raak en die druif se blad tot roesbruin kom, die berg se piek so effens skuins leun (geëts teen blou en amperwinterson) – pryk amber akkerbome so laatherfsloofverlore; staan straathoekbedelaars in komberse toegemaak. En weerklink deur endlersale* – sang in vele tale; word pepermossies* (uit nuwe monde) hergebore. © […]
AFRIKANERS IS PLESIERIG
AFRIKANERS IS PLESIERIG SOKKIEJOL In die ver verlate vlaktes lê die Waterberge nog so blou in die ou Transvaal. Daar woon die 21-jarige boeremeisie saam met haar ouers op die bosveldplaas. Die plaas lê tussen diWaterberge langs die groot Nylrivier. Leenkie is op haar gelukkigste in die skuur saam met haar mooi perde in die […]
Vlietende verganklikheid
Een oomblik se ewigheid vir altyd te laat. Die seepbel van ons saam leef een sekond gemeet teen die tik van tyd een enkel noot in ons lewens-simfonie een klik van die metronoom van ewigheid een korrel sand deur die uurglas se vloei een druppel dou wat van ‘n roosblaar val Een oomblik se ewigheid […]