Vir ‘n prinses
Goud
Punt jou tone teen die blou;
kyk hoe lief die winde jou voete wat soms kaal is
en soms hoëhakskoene dra.
En sou ’n prins jou ooit kom vra
om sy goue ring te dra – soek diamante in sy oë,
vra hom of hy glo in die liefde,
of hy omgee vir die diere van die veld
en vir ’n perd en vir ’n hond.
Dra jou rokkies bont;
dans oneindig onder sterre en die edeltin van mane.
(Jeans is ook oukei.)
En laat waai jou hare in die wind;
die son sal self die amber en die vlamme daarin vind.
Punt jou tone teen die blou en weet…
wéét – hoe lief die heelal jou.
© C. Shaw
22 September 2015
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2018 - Poëtiese orde projek