Van Egipte tot hier.
Onder die Faro’s van Egipte, het elke Israeliet geweet wat van hom verwag was. Ons sal offer wat jy vra. Hulle het gewerk, gelate in hulle lot, tot hulle dood neer geslaan het. Ons sal lewe, ons sal sterwe. Elke persoon het presies geweet hoe om te oorleef, presies geweet wat om te doen. En […]
Pyngedagtes
Pyngedagtes Dowwe klop-klop plof in my kop swaar las kom lê op my skof uitdagings is rof uitsig is dof tree vir tree ploeter voort dae en nagte sonder slaap emosies tolbos kraaineste in my sinne donker nag gooi spookskadu’s koggel swiepend heen-en-weer in elk kraak van hout skree die klaaglied hoorbaar nog harder skreeu […]
Diepe Skoonheid
Daphne word wakker en besef dat die aardbewing in haar droom eg is. Sy trek vinnig aan in haar Beskermer leeruitrusting en verlaat haar kwartiere. Feë hardloop vreesbevange orals. Die steen wat die Oniks Labirint maak bewe asof dit in pyn is. ‘Kommandant!’ gil Daphne deur die statiese elektrisiteit wat inmeng met die Beskermer verstand-skakel. […]
Poskaart uit Praag
ek stuur vir jou ‘n poskaart uit Praag sy beeld word in ‘n papierboot gevou en sy boodskap dra oor die Donau ek hoop dat sy kleur jou sal herinner aan die sonsakgeur van laatnag vonkelwyn waarin jou glimlag so graag in die voordagdou sou verdwyn en jou trane my vloei van rigting word tot […]
Oorvol liefde
Oorvol Liefde Ons skryf ons biografie op ou verbleikte blaaie, Oral lê die foto’s van gister in die laaie Laat in die nagtelike ure bou jy liefdes mure Ons vonke maak gloeiende rooi vure. Uit die swart holte van jou mond, Kom die soetste woorde Sonsopkoms skryf ons nuwe akkoorde Dis in jou oë wat […]
Julie 2018 – OOP projek
Beste INKers Hierdie maand is dit ‘n totale oop projek. Jy kan jou gedig, kortverhaal of rubriek inskryf wat nog altyd op die hart saamgedra het. Daar is geen voorskrifte nie. Ek is seker julle almal brand om jul eie stem te hoor sonder onnodige reëls en voorskrifte. Skryf in Afrikaans, laat die INK vloei. […]
Natuur se aanraking
hier in die binnegloed van ons sonneuur voel ek die magiese s t i l l e rus wat styf kom lê teen my hart se k o u e muur kon ek tog myself verloor elk’ dag en uur so sonder dink, sonder s e e r, net voel op my vel jou hemelse […]
Moeilike Maan
Moeilike Maan Ek kyk af na die monsters vergader in die binnehof. Dit was makliker om hier op die balkon te staan. Dit verseker dat hulle onthou dat hulle altyd moet opkyk om my te sien. ‘Wesens van die Nag, ons werk is vir ons uitgesny. Die planeet is besig om dood te gaan. Mense […]
In my hande (brons afdeling)
my hande, krampagtig geklem om jou beeld, kramp en sweet, my kop geboë in verlange; verwagtinge eens so groot soos die son – my lippe wat sukkel om die woorde te sê, uit dieptes vanwaar die seer soos mos kom lê. slegs my oë praat in strome stomme eggo’s; trane wat losweg biggel oor my […]
Mondhoekkreukel glimlag
vroeg oggend, toe donker se kombers swart en stil oor alles nog lê, met straatligte wat kolle lig so effens oor die leë oggend-strate gooi, en nanag se koel nat asem wat liggies oor ons waai – het my vingers hul pad gevind na die warm klop van jou hart, waar my skrywershand met veerpen […]