Jongste aktiwiteit:

Diepe Skoonheid

Daphne word wakker en besef dat die aardbewing in haar droom eg is. Sy trek vinnig aan in haar Beskermer leeruitrusting en verlaat haar kwartiere. Feë hardloop vreesbevange orals. Die steen wat die Oniks Labirint maak bewe asof dit in pyn is.

‘Kommandant!’ gil Daphne deur die statiese elektrisiteit wat inmeng met die Beskermer verstand-skakel. ‘Die Labirint word aangeval!’

‘Beweeg uit!’ antwoord die Kommandant, haar stem opgebreek deur die statiese elektrisiteit.

‘Julle!’ roep Daphne twee elfies nader. ‘Weet julle wat aangaan?’

‘Groumolle, Beskermer.’

‘Hulle grou hul weg deur die lewende steen.’

‘Nie lank van nou af nie, gaan die hele Labirint ineen stort.’

Sy kan nie dit glo nie. Sy weier om te glo dat haar tuiste so maklik verwoes kan word.

‘n Jong Beskermer hardloop verby.

‘Henri!’ gil sy toe sy hom herken.

Hy hardloop nader, sy oë vlieg orals.

‘Julle drie moet almal uit die Oniks Labirint kry.’

Hulle knik en loop. Sy weet dat hulle bly is dat hulle bevele het om uit te voer. In ‘n krisis is dit altyd makliker om te volg as om te lei; sy hoop dat Henri opgewasse is vir die taak. Sy maak haar weg na prinses Calliope se kamer, wetende dat protokol haar daar sal hou.

‘Beskermer!’ piep die elf wat haar al so baie keer gehelp het.

‘Ek is bly om jou te sien,’ groet Daphne. ‘Ek het nodig om so vinnig as moontlik by die prinses uit te kom.’

‘Ek kan probeer,’ sê sy en raak die muur voor haar.

Trillings gaan deur dit en ‘n nou gangetjie gaan oop.

‘Dis die beste wat ek kan doen,’ sê die elfie. ‘Meer druk kan veroorsaak dat dit alles ineenstort.’

Hulle beweeg vinnig deur die die verrassende donker en glinsterende tonnel.

Daphne het geen idee waar sy is nie. Die mure hou aan tril. Fyn stof vul die lug. Sy trek haar masker op, net haar oë steek uit. Die stof lyk nie asof dit die elfie pla soos sy haar lei van een tonnel na ‘n volgende nie.

Gedempte gille maak dat hulle tot stilstand kom.

‘Iemand is vasgekeer in die muur,’ sê die elfie en trek haar hand weg van die muur in walging.

‘Kan jy hulle uitkry?’

‘Miskien. Maar dit gaan tyd vat.’

Daphne verstaan wat die elfie nie sê nie: deur die ongekende feë te red kan die prinses tyd kos. Selfs haar lewe.

‘Doen dit.’

Sy ken die prinses goed genoeg om te weet dat sy nie daarvan sal hou dat hulle iemand in gevaar los net om haar te red nie.

Die elfie konsentreer, die steen tril en beweeg onder haar hande. Haar ore beweeg voorentoe en agtertoe en sweet vorm op haar voorkop.

Daphne voel absoluut magteloos. ‘n Rare ding vir ‘n Beskermer om te voel. Maar teen die steen van die Oniks Labirint sal haar toorkrag net niks doen nie. Haar hart was nie besig om te gallop nie, maar dit was besig om vinniger as gewoonlik te klop. Haar liggaam wil beweeg. Om net rond te staan maak dat sy voel of sy miere in haar broek het.

Bedompige lug vol sweet en vrees ontsnap voor die gat groot genoeg is vir die feë om uit te klim.

Trane is die enigste emosie wat hulle wys. Dit verbaas die Beskermer. Hof Feë hou gewoonlike alle emosie vir hulself. Tog, om die klein spasie te sien waar hulle in vasgekeer was, lyk trane na amper geen reaksie nie.

‘Bly in die hoof tonnels en kry julself uit die Oniks Labirint uit,’ sê sy voordat sy die elfie volg.

‘Wag! Wys ons die pad.’

‘Nee. My eerste prioriteit is die prinses. Wees dankbaar dat ons gestop het om julle te help.’

Sy wag nie om hul uitdrukkings te sien nie.

‘Duidelik is die wêreld besig om te eindig,’ prewel die elfie.

‘Hoekom sê jy so?’

‘Jy weet self dat onder normale omstandighede ons presies sou doen soos hulle beveel het. Maar om die prinses te red kom eerste. As ons oorleef, gaan ons gestraf word. Vreeslik gestraf word. Of glad nie.’

Daphne is nie verbaas nie. Sy het nog nie so ver gedink as wat sal gebeur wanneer hierdie ramp verby is nie. Maar die elfie is reg: wat sy gedoen het – wat hulle gedoen het – sal normaalweg erge straf beteken. Tog, sy gee nie om nie. Om prinses Calliope te vind en haar veilig uit die Oniks Labirint te kry is al wat sy aan kan dink.

‘n Paar draaie later vind hulle hulself in die gang buite die prinses se kamer. Maar dit is afgekeer deur ‘n rotsstorting.

‘Kan jy dit beweeg?’

‘Ek weet nie.’

Sy beweeg nader aan die rotse en reik uit na dit terwyl Daphne kyk. Die oniks rommel lyk dood. Dit glim nie soos die lewendige steen nie.

‘Dis net-net lewendig,’ sê die elfie.

Stadig word die rotse geskuif. Die elfie trek die rotse van die bokant van die hoop om ‘n klein tonnel tussen die rotsstorting en die dak te vorm.

‘Eindelik!’ sê ‘n stem van die ander kant soos hulle deurkruip. ‘Ons wag en wag, maar die prinses weier om te gaan totdat jy opdaag.’

‘Ek het geweet jy gaan vir my kom,’sê die prinses.

Daphne knik vir die tweeling, Conan en Clive, voordat sy die prinses se hand gryp en haar agter haar aansleep. Sy is net bly dat die prinses vir ‘n wonder in ‘n broek en plat skoene is.

‘Geen hello? Is dit die masker?’ vra die prinses.

‘Waarnatoe?’ vra Daphne die elfie.

‘Die binnehof.’

Sy sluk. Sy weet presies waarheen die elfie wil gaan en hoekom. Sy weet dat dit hul beste kans is om die Oniks Labirint te onstnap. Sy druk alle emosies wat sy omtrent die binnehof voel weg.

‘Jy volg ‘n elfie?’ vra een van die tweeling smalend.

‘Ja. As jy ‘n probleem daarmee het, kan jy altyd jou eie weg uit vind,’ sê Daphne en gluur vir die tweeling.

Hulle haal hul skouers op en volg.

Prinses Calliope druk haar hand in stille ondersteuning. Daphne weet nie wat om te dink nie. Sy doen nooit wat van haar verwag word nie. Sy dink nie almal moet haar hand en voet bedien soos ander Hof Feë dink nie. Sy is nie gemeen en baasspelerig soos prinsesse gewoonlik is nie. En sy wil werklik Daphne se vriendin wees, maak nie saak wat ander dink nie.

‘Jy’s my Beskermer, Daphne. Ek vertrou jou,’ sê prinses Calliope soos hulle die elfie volg. ‘Jou uitdrukkings, ten spyte van die masker, is maklik vir my om te lees.’

Daphne trap haarself in stilte uit. Sy was so gefokus daarop om die ander uit haar kop te hou dat sy vergeet het om haar gesig uitdrukkingloos te hou. Elke keer as sy die masker aan sit vergeet sy om haar gesig so emosieloos soos haar kop te hou.

Die elfie kry hulle tot by die binnehof. Sy lyk moeg. Tog dink Daphne dat dit meer met die aanval op die Oniks Labirint is as die tweeling se onbeskofheid. Die Beskermer hap amper na haar asem toe hulle die binnehof binne stap. Die gras is weg, gebreekte grond wat nie in die Oniks Labirint hoort nie het die plek van die gras gevat. Die reuk van nat grond, bedompige lug en iets droog vul die lug. Vir een of ander rede val al haar herinneringe van die plek haar aan. Sy skud haar kop om dit leeg te maak: en hoor die Labirint se stem. Dis saggesproke en altyd in haar kop, al ignoreer sy dit. Die stem was in pyn.

Sy kyk rond om te sien of die ander kan hoor wat sy gehoor het. Net die elfie lyk of sy dit ook kon hoor. Daphne knipper haar oë en kyk weg. Ten spyte van die gedempte lig kan sy vir Brandon en die Beskermer by hom herken. Die Hertog en Ruhan is omring deur twee dosyn elfies.

‘Ons moet na die Groene Hof gaan. Onmiddelik,’ sê sy in groet.

‘Die tonnel weier om oop te maak, Beskermer,’ sê een van die elfies.

‘Ons is vasgekeer,’ sê ‘n ander een.

‘Groumolle is besig om die hele labirint te verwoes,’ sê ‘n derde een.

‘Nie vandag nie,’ sê prinses Calliope.

‘Wat stel jy voor doen ons?’ vra Brandon.

‘Veg.’

Daphne kan sien dat niemand van die idee hou nie.

‘Henri? Kan jy my hoor?’ vra sy deur die verstand-skakel.

‘Daphne?’

‘Is jy veilig?’

‘Ja. So ver ek kan sien het almal dit uitgemaak. Behalwe die Hertog en Prinses.’

‘Is jy seker?’

‘Ja. Die Kommandant is besig om dit te verloor. Die enigste Beskermers wat nie hier is nie is jy, Ruhan en die tweeling.’

‘Hulle is saam met my.’

‘Is julle veilig?’

‘Nee.’

‘Moet ons julle kom red?’

‘Nee. Ons sal hier uit kom.’

‘Wees veilig.’

‘Al die ander het dit uitgemaak,’ sê sy hardop vir Brandon en Calliope.

‘Dis goed. Elfies, hoekom het julle die wêreld daar bo verlaat en hier in die Labirint kom woon?’ vra Calliope.

Daphne sug saggies. Sy weet dat die prinses nuuskierig is oor die onderwerp, maar sy dink nie hierdie is die regte oomblik om na antwoorde te soek nie.

Een van die bleekste elfies tree voorentoe.

‘Daar bo was ons lyfwagte. Om ander feë en mense dood te maak is nie werklik wat ons veronderstel is om te doen nie.’

‘Julle? Lyfwagte?’ sê een van die tweeling smalend en die ander een lag honend.

Daphne kan die oniks steen hoor grom oor die tweeling se arrogansie.

‘Ons sal eerder knegte as moordenaars wees,’ sê die bleek elfie.

‘Die labirint?’ vra Calliope.

‘Ons toorkrag werk selfs wanneer die Hoë Feë nie eens lig kan optoor nie,’ sê sy eenvoudig voordat sy deel van die skare elfies word.

Iets word skielik duidelik vir Daphne, iets wat die Oniks Labirint al vir ‘n hele ruk vir haar probeer vertel.

‘Ons gaan julle in jul ander vorm nodig hê as ons vandag sukses gaan behaal,’ sê sy vir die elfies.

Hulle almal snak na asem, duidelik geskok.

Daphne kan ‘n vreemde gloed binne haar voel en sy weet presies wat hulle moet doen om hul tuiste te red.

‘Die groumolle is klein. Maar hulle is groot genoeg om ‘n fisiese gevaar vir julle in te hou in hierdie vorm. Julle het nodig om vry van alle afleidings te wees as julle die Oniks Labirint gaan herstel.’ Sy kyk van een gesig na die volgende. ‘Julle kan my vertrou – soos altyd.’

Sy kan sien hoe hulle haar plan stadig maar seker aanvaar.

‘Goed dan, Beskermer Daphne. Ons sal ons bes doen om die Oniks Labirint te red en te herstel,’ sê die bleekste elfie namens al die elfies.

‘Beskermers,’ sê sy en draai na Ruhan en die tweeling. ‘Ons het nodig om die grond te gebruik om ondersteuningspilare te maak om almal hier veilig te hou.’

Hulle knik.

‘Prinses, kan jy jou musikale kragte gebruik om die vallende rommel van almal te hou?’

Calliope glimlag gelukkig. ‘Natuurlik. Hoe het jy geweet?’

‘Beskermers let goed op.’

Calliope begin om te sing in ‘n taal wat Daphne nie verstaan nie, maar dit maak ‘n koepel van lig oor die binnehof.

Die ander drie Beskermers sprei uit en begin om pilare uit die grond te maak sodat die dak nie ingee nie. Dit was dieselfde toorkrag wat hulle in die res van die Labirint gebruik om hokke of ander goed te maak vir hul werk.

Die knie-hoogte elfies maak hul oë toe voordat hulle in hul ander vorms verander. Hulle word so lank soos die ander feë daar en net so mooi. Net hul gawe oë en punterige ore gee weg dat hulle nie Hof Feë of Beskermers is nie. Hulle almal vat aan die oniks steen om te doen wat hulle kan.

‘Brandon,’ sê sy saggies vir die blonde man langs haar. ‘Jy gaan die elfies moet help as ons suksesvol wil wees.’

Hy kyk na haar met ‘n frons.

‘Jy moet jou verbintenis met die Oniks Labirint gebruik om sy pyn in jou in te trek sodat dit lank genoeg lewendig kan bly vir die elfies om dit te herstel.’

Hy gryp haar hand en druk dit styf vas.

‘Jy weet alles, nè?’ vra hy saggies.

‘Ja.’ Sy sluk, bly dat die masker meeste van haar gesig versteek.

‘Wat gaan jy doen?’ vra hy en los haar hand.

‘Ek gaan jag.’

Sy los hom, wetende dat hy sy plig teenoor sy Hof sal verrig. Hy was die tipe waarop jy kan staat maak.

‘Ek het iets nodig om die groumolle hierheen te lok,’ sê sy vir die singende prinses.

Calliope knik. Sy draai haar hande en ‘n toorfluit verskyn. Dit land in Daphne se hande. Dit lyk baie soos die een wat Calliope vir Blaze gegee het om die Labirint rotte te vang.

Daphne stap na die middel van die vertrek. Sy gebruik haar toorkrag om genoeg grond nader te kry om ‘n groot hok te maak. Sy gebruik spesiale Beskermer toorkrag om seker te maak dat niks dit kan ontsnap nie. Sy was nie seker of dit die groumolle binne gaan hou nie.

‘Shahnaz,’ roep sy die elfie wat haar altyd help. Sy kom nader, amper onherkenbaar in haar wit rokkie en nuwe groote.

Daphne het nie nodig om te verduidelik wat sy nodig het nie. Die elfie gebruik haar toorkrag en die hok glim. Dit maak vier klein tonnels na die oniks mure en sluit daarby aan.

‘Roep hulle,’ sê sy vir Daphne wat bo-op die hok staan, haar kop millimeters weg van die magiese koepel wat hulle almal beskerm.

Die silwer fluit het nie veel talent nodig om gespeel te word nie. Maar die Beskermer weet dat dit veel meer as net haar asem gebruik om die bekoorlike musiek te maak.

Die vloer bewe soos iets nader kom.

‘Grou! Groumolle! Grou!’ Die kreet vul die binnehof. Dit word harder en harder soos die bewing erger word.

Met ‘n aaklige geraas en klippe wat op Calliope se magiese koepel val en Daphne laat skrik en alles in chaos verander, daag die groumolle in die binnehof op. Hulle word gevang in Daphne se hok soos hulle haas om by die musiek uit te kom. Hulle probeer die hok uitklim om by haar en die fluit se toorkrag uit te kom.

‘Hulle is almal hier,’sê Shahnaz voordat sy die hok seël.

Daphne kyk na al die elfies en Beskermers. Hulle is almal geraak en beseer deur die vallende rommel. Op die bleek vel van die elfies lyk die wonde baie rooi en kwaai. Maar hulle is almal lewendig. En besig om die Labirint te herstel. Die Beskermers staan om die hok gevul met die half-feë gediertes wat amper hul tuiste vernietig het. Selfs prinses Calliope lyk goed soos sy aanhou sing. En Brandon…

Die Hertog lê op die grond. Sy oë is toe en sy asemhaling vlak. Daphne gly by die kant van die hok af en trek haar masker af. Sy’s uitgeput, maar dit maak nie saak nie. Sy haas na Brandon se sy en val op haar knieë.

‘Nee. Nee!’

Sy weet dat sy besig is om dit te verloor. Sy weet sy kan hom nie help nie. Maar sy kan nie ‘n wêreld indink waar hy nie bestaan nie. Sy vee sy blonde hare van sy gesig af. Sy deins weg van die pyn om sy mond en oë.

‘Hou sy hand vas, Beskermer,’ sê Shahnaz toe sy en ‘n ander elfie langs Daphne kniel.

Sy sê iets wat klink soos die taal van woude terwyl die ander elfie ‘n vreemde drankie by Brandon se keel afgooi. Al die elfies begin iets in die vreemde taal te sing en die hele binnehof gloei met ‘n sagte groen lig. Dit is nie die kleur van spoke en die dood nie, maar van lewe. Soos die elfies se oë.

Brandon snak na asem en sy oë skiet oop.

Die elfies hou op sing.

‘Dit is gedoen,’sê Shahnaz en tree terug.

‘Hoekom is daar trane in jou oë?’ vra Brandon en hou Daphne se gesig vas.

Sy is te verlig om om te gee wie wat sien.

‘Jy was amper dood,’ sê sy en sluk trane weg wat dreig om te val.

‘Die Oniks Labirint ook,’ sê hy ernstig.

Hulle staar in mekaar se oë en drink die feit in dat hulle albei lewendig is.

Iemand maak sy keel skoon en Daphne sit terug, buite Brandon se bereik. Sy besef dat dit heeltemal stil is.

Ruhan kom nader. ‘Die Labirint is herstel. Wat moet ons met die kriminele doen?’

Daphne kyk op. Al die elfies is terug in hul gewone vorm. Die tweeling en prinses staan steeds aan die ander kant van die hok vol groumolle. Die half-feë gediertes hou die prinses en haar Beskermers met soveel belangstelling dop as wat hulle dopgehou word.

‘Wat ook al jy dink die beste gaan wees, Beskermer,’antwoord Brandon en staan op. ‘Is dit veilig?’ vra hy die elfies.

Daphne trek haar masker weer op. Sy weet dat dit wat hulle gedeel het vir nou verby is.

‘Ja, Hertog,’ sê die bleekste elfie.

‘Goed dan. Laat die ander terug kom en kry hierdie plek terug na normaal.’

‘Ja, Hertog.’

Die prinses en die tweeling maak hul weg na Daphne se kant van die hok.

‘Jy moet na die gediertes omsien, Daphne. Ek weet waar ons hulle kan vat,’ sê prinses Calliope. ‘En jy weet dit ook.’ Sy knip oog vir Daphne en volg vir Brandon uit die binnehof. Die tweeling volg die vorstelike paar.

‘Wat bedoel sy?’ vra Ruhan.

‘Shahnaz? Kan jy en jou vriende die gevangenes na die Groene Hof vat?’ vra Daphne.

‘Sekerlik, Beskermer. Moet ons hulle daar vrylaat?’

‘Nee. Lewer hulle hok en al af. Ek gaan met ‘n vriend oor hulle praat.’

‘Die Groene Hof? Regtig?’ vra Ruhan.

‘Ja. Kan jy ‘n oog op die prinses hou terwyl ek weg is?’

‘Natuurlik. Maar moet jy nie bly nie?’

‘Nee. Ek het regtig ‘n vriend in die Groene Hof.’

Hy knik en loop.

‘Cola?’ roep sy een van die elfies wat haar altyd probeer help. Dit voel steeds vreemd om al die geheime te weet wat die oniks steen met haar gedeel het.

‘Ja, Beskermer?’

‘Kan jy asseblief saam met my na die Groene Hof gaan?’

‘Sekerlik, Beskermer. Ek sal graag wil.’

Sy weet dat hy die waarheid praat. Die elfies, nes die Oniks Labirint, het soveel meer skoonheid en sterkte versteek binne hulle as wat sy ooit kon raai. Prinses Calliope, ook.

Die ander elfies verdwyn – óf om te doen wat die Hertog wil hê óf om die gevangenes weg te neem – en Daphne lei vir Cola na die versteekte tonnel in die binnehof.

Sy weet dat die Groene Hof en Gary die vuil-vos-kabouter baie gelukkig gaan wees met die krat vol groumolle nadat sy haar plan verduidelik het. Sy weet dat die klein half-feë monsters nodig het om produktief besig te wees – en hulle sal dit in die Groene Hof kry.

Miskien is dit wat sy ook nodig het.

Sy sluk en kyk hoe Brandon se blonde kop binne die vertrek van die Heler verdwyn. Hy is skitterend, nes die elfies in hul vorm van die wêreld daar bo. Hy is bereid om alles op te gee wat hy oor omgee om die Oniks Labirint en almal wat daar woon te beskerm.

Cola maak die geheime tonnel na die Groene Hof oop en wag vir haar om te volg.

Daphne bewe soos die oniks steen aanhou geheime vir haar fluister wat sy nie wil hoor nie. Sy maak seker dat niemand naby is nie en volg die elfie in die tonnel in.

Als gaan gou genoeg na normaal terugkeer in die Oniks Labirint.




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed