Jongste aktiwiteit:

Stoutigheid en Stiksienigheid

Daphne loop versigtig by ‘n gang af terwyl sy teen die muur bly. Sy is seker daarvan dat die een wat sy soek in hierdie verlate deel is. Sy haal diep asem en gaan om die draai.

‘n Haas sit alleen in ‘n grot en kou aan reuse klawerblare.

Die Beskermer gluur vir die donkerbruin haas met die hoop dat dit sal verander in die bobbejaan wat sy gejaag het. Maar, natuurlik, gebeur dit nie.

‘Wil jy hê?’ vra die haas en hou van die blare na haar uit.

‘Nee, dankie. Het jy enige bobbejane gesien?’

‘Nie onlangs nie,’ antwoord die haas voordat dit verder eet.

Daphne kners op haar tande en deursoek die grot. Daar is geen teken dat ‘n bobbejaan ooit daar was nie en maak net dat haar donker bui erger word. Skadu’s dans en sy beweeg versigtig nader.

Brandon staan in die tuin waar hulle altyd ontmoet. Hy dra ‘n bitter-soet glimlag soos sy nader beweeg. Die spesery reuk van die vuur-lelies in volle blom is oorweldigend na die stowwerige gangetjies met klawer in die lug was sy agter gelaat het.

‘Ek het nie gedink jy sal kom nie.’

Daphne hou hom deur vernoude oë dop. Iets was anders omtrent hom, maar sy kan nie teen die gevoel veg wat haar nader aan hom trek nie. Die kunsmatige laat middag son maak dat sy hare goud glim. Sy kan die geluide van ‘n partytjie êrens hoor.

‘Tog,’ hy lag bitter, ‘dis nie asof ek jou kon nooi nie.’

Sy voel skoon verward.

‘Ek hoor jy het getrou? Hoe behandel die Groene Hof jou?’

Sy ignoreer sy vreemde woorde. ‘Ek verstaan nie. Wat doen ons hier?’

‘Ek moes jou net weer sien. Jy dra steeds jou hare vasgedraai in jou nek,’ hy skud sy kop en glimlag. ‘Alhoewel ek net die beste vir jou toewens, moes ek jou net weer een keer sien om te weet of jy dieselfde voel.’

‘Ek wens dinge kon wees soos dit was toe ons jonk en onskuldig was,’ sê Daphne met die tipe hoop wat sy altyd as laf sien en kyk af na ‘n vuur-lelie wat braaf teen die oniks muur blom. Deur haar hare uit die pad te hou vir gevegte beteken ook dat sy geen wegkruip plek het nie.

‘Vir my, is dit nie verby nie,’ sê Brandon en gryp haar hande. Sy voel al die senuwees in haar liggaam wakker word.

‘Dit moet wees,’ antwoord sy saggies en onthou die dag toe hulle gegroet het na die Drake Vloek gebreek is. Die Hof, eer en plig kom voor enige persoonlike geluk. Sy trek haar hande uit syne.

‘Ek het gehoop dat wanneer jy my sien dinge anders sou wees.’

‘Ons het soveel herinneringe en goed wat ons berou. Dit sou ‘n fout wees,’ sê sy terwyl sy probeer om nie een van die naamlose emosies wat binne haar warrel te wys nie.

‘Ek is jammer. Ek het gehoop met die jare wat verby is…’ hy haal sy skouers op. ‘Ek dink noudat ek dertig word verloor ek my verstand so ‘n bietjie.’

Daphne kyk skerp op. Hy het nou net twintig geword. Dit… Sy klem haar kake. Om deur die gapinge in die sluier van tyd te loop is a rare, maar welbekende, ding in die Labirint.

‘Jy moet gaan, Brandon. Vergeet dat jy my vandag gesien het.’

Hy knik, gee haar ‘n laaste bitter-soet glimlag en loop weg.

Haar liggaam bewe van pyn. Sy maak haar oë toe om die trane binne te hou. Die reuke en geluide verdwyn en sy maak haar oë weer oop. Als was weg. Dit was maar net ‘n hersenskim. As sy werklik deur ‘n gaping in die sluier geloop het, sou sy weer daardeur moes gaan om terug na haar tyd te gaan. Sy sou nie sommer net weer in die grot gewees het was sy deursoek het voordat sy vir Brandon gesien het nie.

Woedend kyk sy rond om die een verantwoordelik vir die aaklige oomblik te vind en te vermorsel. Maar niemand wat sterk genoeg is was naby nie. Sy hou haar verwoestende emosies en fantasiëe vir haarself. Sy het ‘n werk om te doen: sy moet die diewe en die gesteelde materiaal vind.

Sy kan voel dat die haas haar dophou, maar sy ignoreer dit. Sy weet van beter as om met die half-feë gediertes in die Labirint iets te doen te hê.

Tog is dit presies wat sy soek. Vyf bobbejane – duidelik half-feë gediertes wat in die Labirint woon – het op een of ander manier in die Oniks Labirint ingebreek en al die materiaal vir die prinses se trourok gesteel.

Die prinses is buite haarself. ‘n Paar van die rokmakers het flou geval en nie weer bygekom teen die tyd wat Daphne en die ander Beskermers op jag gegaan het vir die diewe nie.

‘Ek sou ook flou geval het as ek in my plig gefaal het om iets so waardevol op te pas,’ sê Henri sodra hy by Daphne en Ruhan aansluit waar die tonnels bymekaar aansluit. Sy haat dit dat sy hierdie gedagte uitgesaai het.

‘Het jy enigiets gevind of het jy in afgryse flou geval?’ vra Ruhan, duidelik net so geïrriteerd met die jong Beskermer as wat Daphne is.

‘’n Haas. Dit was besig om te slaap op ‘n groot rots. Niks anders nie.’

‘Ek het ook ‘n haas gesien…’ sê die ouer Beskermer en kyk terug na die tonnel waaruit hy gekom het.

‘’n Houplek?’

‘Kan wees.’

‘Drake?’ vra Henri verskrik.

‘Nee. Duidelik is taal nie jou sterk punt nie – tenspyte daarvan dat jy nie jou mond kan hou nie,’ sê Daphne en loop weg voordat sy ingee aan die gevoel om hom verwurg.

Sy het nie vergeet dat hy die een was wat sensitiewe inligting gelek het nie. Al is die enigste nagevolg daarvan dat prinses Calliope na die Oniks Labirint getrek het, is sy steeds bekommerd dat iemand gaan uitvind hoe sy oor Brandon voel. Sy sluk swaar. Sy het so hard die laaste paar weke probeer om nie aan hom te dink nie. Sy het selfs haarself probeer oorreed dat haar gevoelens nie eg is nie, dat dit net deel van die Draak se Vloek is. Maar dan hoekom na weke van vloek-vry wees brand haar hart asof daar ‘n deel van dit verlore is?

Beweging vang haar oog.

‘Donker pels,’ sê sy deur hul verstand-skakel. Sy hardloop voluit agter wat sy hoop ‘n bobbejaan is.

Daphne vind dit. Maar dit is nie ‘n bobbejaan nie. Dis ‘n wasbeer.

‘Dit lyk nie eens soos ‘n bobbejaan nie,’ sê Henri.

Ruhan klap hom oor die kop.

‘Bobbejaan?’ vra die wasbeer.

‘Jou groote, pels kleur in onlangs in die area gesien,’ sê Daphne.

‘Ek het niks behalwe rotte gesien nie,’ antwoord ie wasbeer en hardloop weg.

Daphne skop ‘n klip en loop aan. Om na gesteelde trourok materiaal te soek is nie regtig Beskermer werk nie.

‘Henri, volg die wasbeer,’ beveel Ruhan.

‘Hoekom?’

‘Doen dit net.’

‘Wat ook al,’ sê die jong Beskermer en draf agter die wasbeer aan.

‘Hey,’ Ruhan klink bekommerd deur die verstand-skakel. ‘Is jy okay?’

‘Nee.’

‘Hierdie moet beter wees as om al jou tyd met die prinses deur te bring.’

‘Om vir materiaal te soek wat die rok gaan maak wat haar vir ewig aan ons Hof gaan bind is nie presies beter nie.’ Sy kan voel hoe die ontsteltenis in haar bou, veral na die drama van nie eens ‘n uur tevore nie.

Ruhan druk haar hand voordat hy in sy gewone uitdrukkinglose Beskermer self verander.

‘Iets is nie reg omtrent daardie wasbeer nie.’

‘Hondsdollheid?’

‘Kleur.’

Daphne frons. Die diere wat sy raakgeloop het het almal dieselfde donkerbruin pels.

‘Ons het –’

‘n Muishond loop die grot in. Dit het dieselfde bruin pels as die ander diere.

Die twee Beskermers kyk vir mekaar voordat hulle die wriemelende wese vang.

‘Praat,’ beveel Ruhan.

‘Oor wat?’

‘Jy en die ander diere: wat is julle?’

‘Half-feë gediertes.’

Ruhan tel ‘n klip op en verander dit in ‘n hok in – groot genoeg vir die muishond om in te pas maar klein genoeg om maklik te dra.

‘Aandete gaan interessant wees,’ sê Daphne toe Henri die grot instap met ‘n wasbeer in ‘n kliphok.

‘Nee! Nee!’

‘Julle kan ons nie eet nie!’

‘Jy het dan nou net gesê dat julle half-feë gediertes is. Ons het al baie rot geëet. Julle behoort ‘n interessante verandering te maak.’

‘Ons is nie half-feë nie!’

‘Getoor behoort selfs beter te proe.’

‘Miskien. Dalk met naaltjies?’

‘Ons is feë!’

Daphne grinnik.

‘Dan waar is die bobbejane?’

‘Ons sal jou wys.’

‘As julle belowe om ons nie dood te maak nie.’

Daphne haal haar skouers op.

Ruhan en Henri loop voor met die gevangenes.

Daphne gebruik die verstand-skakel om die naaste Beskermers te vind. Clive en Conan, die tweeling, daag stil op. Hulle dra die maskers wat net hul oë wys. Daphne dra net hare wanneer dit koud is. Maar party Beskermers – soos die tweeling – dra dit as deel van hul alledaagse uitrustings. Dit maak dat hulle meer soos sluipmoordenaars as Beskermers lyk.

Gevoelens wat sy vir so lank al probeer wegsteek, ontsnap. Sy weier om dit toe te laat. Sy hou haar gedagtes leeg soos voordat die Draak se Vloek gebreek is. Niks gaan met hierdie misie inmeng nie.

Drie hase wag in ‘n grot. Die tweeling gebruik hul toorkrag om die aarde te buig om ‘n hok om die donkerbruin gediertes te maak.

Verontregte uitroepe word stil toe die hase die ander diere in die hokke sien saam met die vyf Beskermers.

‘Waar kan ons die vyf bobbejane vind wat die Oniks Labirint vanoggend ontsnap het?’

‘Bobbejane?’

‘Wat sal ons nou weet van bobbejane?’

‘Woon bobbejane nie daar bo nie?’

Daphne hou die gediertes dop. Iets omtrent hulle maak dat sy kriewelrig voel.

‘Ons het hulle klaar,’ sê sy soos sy die toorkrag herken as dieselfde tipe wat haar vreemde bui en die halllusinasie vroëer veroorsaak het. Net een gedierte hou van so baie onnutsigheid en drama meer as om lewendig te wees.

‘Vormveranderers?’ vra Ruhan en gluur vir die diere.

‘Pookas,’ sê sy met sekerheid.

Deur hulle te noem breek die illusie en al vyf diere verander na hul mens-vorm; die hokke groei met hulle.

Twee vrouens en drie mans – almal met donker bruin vel, harige bruin ore, helder groen hare en swaaiende sterte – staan in die verskeie hokke.

‘Wel, julle het ons.’

‘Ons hou daarvan om te maak asof ons diere is.’

‘Dis baie pret. Julle moet dit tog een keer probeer.’

‘Waar is die materiaal wat julle gesteel het?’ dring Conan aan. Dit was die eerste keer dat sy hierdie Beskermer hoor praat. Sy woorde klink dreigend.

‘Weggesteek,’ piep een van die pookas. Hulle is duidelik vreesbevange en probeer so ver moontlik van die Beskermer te bly wat soos ‘n sluipmoordenaar lyk.

‘Waar?’ vra Clive. Hy klink nes sy tweeling.

‘By die spinnekoppe.’

‘Weggesteek in die Groene Hof.’

‘Begrawe saam met die Orakel.’

‘Nie jou probleem nie.’

‘Eintlik is dit my probleem,’ sê Daphne soos sy nader aan hulle stap en met ‘n mes speel. ‘Die materiaal is bedoel vir ‘n trourok vir die vrou wat ek beskerm. En as julle nie vir my vertel waar julle dit weggesteek het nie, sal ek jul velle maar moet gebruik om ‘n rok te maak.’

Sy kon hul vrees proe. Sy gee nie om nie. Sy het genoeg gehad van hul leuens en onnutsigheid. Maar sy kan ook die verbasing van die ander Beskermers proe. Sy ignoreer dit. Sy hou aan om met haar mes te speel; die pookas hou dit met verstomming dop.

‘Dis in ‘n versteekte gangetjie,’ piep een terwyl sy met die mes speel.

‘Ons sal jou wys!’

‘Moet net nie ons velle vat nie!’

Daphne glimlag in triomf. Dis nou wel nie dieselfde as die drama wat hulle vroëer laat uitspeel het nie, maar sy voel asof sy hulle so ‘n bietjie teruggekry het.

Die pookas, geflank deur die Beskermers, loop die verskeie tonnels deur. Daphe kan nie anders as om te wonder of hulle nie in ‘n lokval ingelei word nie. Sy kan haar vel voel reageer soos dit kouer word.

‘n Vreemde reuk, iets tussen vrot nattigheid en stof, vul die verlate tonnels. Die eentonigheid van die eindelose skemer tonnels maak dat Daphne dink aan meer as net die pad voorentoe. Al stel hierdie hele ding die trouplanne uit, is deel van haar bly daaroor.

Die pooka langs haar grinnik. Sy is seker dat die wese langs haar, haar emosies kan voel. Sy klem haar kake soos die uiteenlopende gevoelens van óf hulle verwurg óf gelukwens met hul uitdagende onnutsigheid in haar woed.

‘Daar,’ sê die pooka in die voorkant met Conan toe hulle stop.

Die tweeling en Henri pas die gevangenes op terwyl Daphne en Ruhan ‘n ou metaal boks uit die muur uit haal. Die materiaal is steeds skoon en vlekvry.

‘Vind drama en onnutsigheid êrens ver weg van die Oniks Labirint,’ sê Daphne vir die pookas. ‘Laat hulle gaan,’ beveel sy die ander Beskermers.

Die pookas vlug. Sy hou hulle dop met vrae wat deur haar bruis.

‘Kom ons gaan huis toe,’ sê sy vir die ander.
#
‘Julle het goed gevaar,’ sê die Kommandant van die Beskermers toe hulle die materiaal oorhandig aan haar, prinses Calliope en die Hertog in ‘n ontvangskamer in die Oniks Labirint.

Daphne doen haar bes om na niemand behalwe die kommandant te kyk nie. Dit was die maklikste manier om uitdrukkingloos te bly. Tog, wanneer die prinses praat moet sy vir haar kyk – dis net goeie maniere.

‘Dankie vir jul harde werk en dat julle dit so vinnig gedoen het,’ sê prinses Calliope. Sy dra ‘n diafane blou rok en al die ander Beskermers glimlag ingenome vir haar.

Tog lyk die prinses nie te gelukkig vir Daphne nie. Sy’s seker daarvan dat sy so ‘n bietjie teleurgesteld lyk. Maar wat beteken dit?

Die rokmakers is weer op en wakker. Die tweeling beskerm die materiaal. Alles lyk of dit weer terug op dreef is.

Sy sien die geforseerde glimlag op Calliope se gesig. Sy weet dat sy meer weet oor die toekomstige koningin van die Oniks Labirint as enigiemand anders, maar sy hoop dat dit net haar ondervinding met die pookas is wat haar hond se gedagte gee.

Henri staan openlik en staar vir die prinses. Daphne kan sien hoe die ander afkeurend na hom kyk. Sy weet Ruhan sou graag hom oor die kop wou slaan, maar dit is nie welvoeglik in die geselskap waarin hulle is nie.

‘Verdaag,’ sê die kommandant deur die verstand-skakel.

Soos sy terug loop na haar kwartiere, kan Daphne nie help om te wonder of die pookas nie genooi was om onnutsig te wees nie. Maar hoekom?
##

Hierdie is die sesde verhaal in my reeks “Verhale van die Oniks Labirint”. Soos altyd gaan dit oor die Feë en hulle wêreld binne ons eie. Kommentaar is altyd welkom.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed