Jou psige
Jou Psige Kan ek delf in jou psige van jou amper bestaan waar die digtheid van donker die kaleidiskoop van kleur verdryf en ingekeer is jy in die beklemming van self wees? kan ek delf in jou psige en by jou hoor wie uit Hades fluister in jou oor wat is die naam van die […]
Sagte blou oë agter ’n goue raam bril
Dit was ’n warm somersdag en die twee periodes net voor tweede pouse. Ons standard 4 klas (graad 6 vir die millenniums) moes ’n uur lank in die Afrikaanse klas sit en goed leer waarvoor ek nie eintlik omgegee het nie. Tog, ons opdrag om iets oor ’n Afrikaanse digter te skryf, het ek met […]
Kxao praat oor sy dag
Kxao praat oor sy dag (ʼn San Epos. Ons bevind ons by ‘n vuur van die Khwe stam, Kxao vertel van sy dag. !Xo is tradisioneel die San se opperwese) Julle kinders van Khwe wat sit hier rondom die vuur kom luister na Kxao, want ek wil vir jul vertel van my dag word stil […]
Aasvoël is die lewe
Aasvoël is die lewe Nog ‘n groet… splinter blink in sy laaste sonlig, nog ‘n siel, verlaat sy identiteit uit die hede en maak hom tuis tussen die niks op sy eensame vlug. Nou kruip swart winter nader… en koggelhop hier agter my, fladder sy vlerke wild teen my hart se skild en lag sinies […]
Winterliefde
Winterliefde Wou nog huil oor ons winterliefde innerlik gestroop deur bekende diewe nou nes verkluimde kwartels tussen die skeure van my hart en voer op flenters van my smart rafel my ragfyn vermurwe siel langs letsels in die sneeu van verniel is ons soos verdwaalde geeste van onthou en voetpad ons spore teen die kruin […]
Wie is ek, en waarom skryf ek?
Wie is ek, en waarom skryf ek? Jy vra wie is ek; ken ek dan myself? my oë hang aan die spieël se wag en sien deurgetrapte spore van tyd wat skimmel wit oor onnodige verwyt en nes in die holtes van my lag Jy vra wie is ek… ek sien my kyk is stil, […]
Elegie aan ʼn versteende hart
In die sediment-lae van ʼn versteende hart het ʼn liefdessaad ontkiem, in mikro-porië wortel geskiet en hartswense bo rede gesien Immergroendrome laat blom asof die apokalips môre gebeur – die wolke met silwer randjies vergul en elke nuwe dag met hoopsglimmers verkleur… en mettertyd in versinsels se pseudo-lig weggekwyn jou liefdesson se laaste asem het […]
My Ma
My Ma lank rus jy reeds onder die Sipres bome met gras verstrengel tussen die klippe, die laaste woorde reeds verbleik met jou naam wat in H O O F L E T T E R S pryk as kind kon ek nie verstaan van ‘n blom is g e p l u k… jy […]
Digters wens
Digters wens sal my naam tog soos ou digters, ou bene maak en my oë tog soos ou digters die hemel raak ek wil swerf oor die vlaktes van kennis en denke al verdwaal ek af en toe op die voetpad van leemtes, met my muse wat soos ‘n handlanger langs my draf in die […]
Namakwa roep
my heimat vlak roep waar windpomp skarnier en kraak meerkat orent tuur stofreën manna tussen genadebos sif en daisies plaat pronk tot waar die einder bronsrooi en stofpad tot by ou Klaas daar naelstring ek diepwortel kremetart aar namakwakênd bloed #Pofadder is vernoem na ‘n ou “Koranna hoofman – Klaas Pofadder”