1 Kor. 13liefde
1 Korinthiërs 13 Dis vroeg-oggend en die dag lê voor ‘n warboel gedagtes vasgevang in stofpad-spoor vele gebeure, wagtend op tyd trae sonstrale dring deur my ruit Die vensters van my siel kyk ver sonder my oë daar is ‘n versugting in my hart en gees dit ruk die dag krom en geboë ek wens […]
Maart 2018 Projek – Digkuns
In 1999 verklaar UNESCO die 21ste Maart as Internasionale Digkunsdag. In hul oorspronklike verklaring merk hulle dat dit ‘n “vars erkenning en ‘n besonderse impetus sal gee aan nasionale, distriks- en internasionale digkuns.” Dit is dus ‘n besonderse voorreg en selfs meer ‘n belangrike plig op die skouers van elke digter om in sy eie […]
Ek lief
Ek lief Ek lief ʼn mooi lied met al die heimwee wat dit bied ek lief ʼn mooi verhaal waar die held net-net nie faal Ek lief ʼn mooi gedig wat my gemoed somaar verlig ek lief ʼn mooi skildery wat lyk of dit kan lewe kry Ek lief ʼn mooi beeld wat die lewe […]
Terugblik
Terugblik Soms drafstap ek op twee-laan teerpad lekker lang-treë loop ek die afdraandes maar meer dikwels stap ek gebroke grondpad of ek stoei met stewige steil opdraandes daagliks vat ek die lang reguit pad wonderlik wandel ek in die dag gereeld kom ek uit op ʼn kronkelpad waar ek soekend struikel in die skemernag as […]
Nostalgie
Daar is spore in my hart getrap deur treine van vervloë jare in my geheue ‘n web geweef soos ragfyn spinnekopdrade Ek hoor die klik-klak op die spoor soos die polsslag in my oor die skugter aanraking van hande kammaliefde en maanlignagte Die treinfluit in die nag sinjaal wat die eindbestemming bepaal vir elk van […]
Spore
“Tussen treine. Tussen stasies. Lê daar basies, net die leë spore” Ai daardie pragtige lirieke van Richard van der Westhuizen laat my gedagtes wye draaie loop. Treine het oor die jare diep spore ook in die Afrikanerkultuur getrap. Sedert die vroegste jare al maak ons liedjies oor treine – Die trein na Pretoria, Die trein […]
Vêr pad van verlange
Soos amper alle mense het ek ook saam met my man planne gemaak vir ons aftrede en so 15 jaar gelede Hentiesbaai toe gekom na sy aftrede in 1999. Vir 15 jaar het ek nog gewerk tot ek ook, na sorgvuldige oorweging, besluit het dis nou my tyd. Nou wil ek doen wat ek graag […]
Helder verlore
Daar’s mos baie visse in die see maar dit voel aardig sonder jou later mag ek dit dalk berou want nog steeds voel ek jou arms warm om my vou Jou naam breekwater teen my golwe spoel oor my hart se strand sout van saamwees wat honger in my brand Tril verlange in die vinne […]
Bloedmaan en die blues
Had ek maar net die woord’ kon vind om ‘n vers vir jou te skryf in daardie koue voordaguur, dan sou ek oor die maan wou praat – vroeg die oggend – minute net na vier. Ek sou jou kon vertel hoe roes ‘n maan kan rooi (langs die môrester wat flikkers gooi) en dat […]
KNALLEND
KNALLEND knallend draai rookspiraal sjor-sjor warrel skadu’s bars grou-grys walms alom morsdood © Eleen Van Deventer Vorster