Daar’s ‘n wind wat waai
In Tafelberg se mis teen die gure weer van die kus waai die wind deur my lyf ‘n Stukkie see vir ‘n vissersboot ken jy die see meneer, ken jy die see? en kalm soos min dinge hier beneӫ dan sӗ jy nog meneer die vis is duur Van storms wat nooit ophou raas hoor […]
Waar my spore lӗ
My hart trek vandag ‘n punt na die wye Bosveld die herinneringe neem my terug na die sonsondergang wat hang op ‘n berg se rug Na die skoonheid van die sterre en “Piet my vrou” se roep wat in my ore weerklink waar my siel vrede vind Kaalvoet loop ek in die pad ek wil […]
Ligkaatser
Jou skadu is die vagevuur wat binne my gloei die refleksie van my denke word om jou gebou; J Y die ligkaatser van my diepste wese waar ek my werklikheid in jou oë druppel vir druppel in minnewoorde sien blom. © Anzé Bezuidenhout
‘n Kersdag se ware verhaal
Die dae het verby gesnel Kersfees is om die draai liggies brand in elke straat en mense word vir niemand kwaad Waar familie bymekaar kom om die eenvoudige waarheid van liefde te voel Kersfees kaarte, geskenke en lekkergoed uit te deel ‘n Vreugdevolle viering rondom Jesus se geboorte te vier kom ons herontdek weer die […]
SPOOKASEM
jy maak jou vas jy bind jou los ek wys vir jou Karoo se bos, die lang gras van die Vrystaat en hoe Namakwaland kan blom ek kweek in jou ‘n afdruk van die Kaap * in jou elke dag se wakker wees – selfs ook in jou slaap – lief ek elke krul en […]
Liefde is vir die voëls
dis die sout op haar lippe dis die sout oor haar wang en sewe pelikane wat bo Saldanhabaai hang dis die daisies aan die voet van die grys klipkrans en die witkruisarend wat oor die veld swerfdans dis die wolke in die hemel dis die wit teen die blou en ooievaars wat koers verby Darling […]
Wenners van die November (‘n Stem vir Gesondheid) projek
Gedigte afdeling: 1.Anzé Bezuidenhout met Guillain-barré 2.Anzé Bezuidenhout met Genade van ‘n insulien naal’ 3.Koekekranka met Alsheimer’s, demensie en verlies van geheue Algemeen / Gorrel: 1.Agie met Liewe Pa Rubrieke agdeling: 1.Arnold van Zyl met Ek bly nog ‘n vrou Verhale afdeling: 1.Helena Mellet met Ouma se drome Baie geluk aan hierdie 5 digters/skrywers!
Desember 2016 tot 22 Januarie 2017 Projek: INK-gedenkbundel
Om vir ons getroue lede dankie te sê vir hulle lojale ondersteuning aan INK het ons baie goeie nuus hier by ons laaste projek vir 2016 . . . ‘n INK GEDENKBUNDEL! Ink: Skryf in Afrikaans nooi alle digters en skrywers uit om deel van ons saamgestelde bundel te wees. Daar is geen kostes verbonde […]
Padkaart van Are
Dit word al moeiliker om my fingers te buig. My ringe pas al lankal nie meer nie en kort naels is my voorland. Partykeer lyk die are wat uitstaan op my hande soos ‘n padkaart wat makliker gevolg kan word as die lyne wat sogenaamde palm-lesers so graag wil vertolk. Die pyn maak dat ek […]
Nagmerrie van Pyn
Tyd het geen betekenis nie. Roetine maak dat een dag in ‘n ander in loop en selfs naweke nie van mekaar onderskei kan word nie. Partykeer is dit ‘n goeie ding, hierdie lewe waar daar skaars gedink hoef te word. Veral die dae wanneer pyn regeer en dit moeilik is om een woord agter die […]