Lente-daeraad
Duisternis het strak voor sonstrale gewyk en nou lê die lunabal boepens, bleek en skaam opgerol onder doukombers ver buite die songeselskap om tog nie tande te tel, met stom lippe, ongehoor maar knipperoog van sien gesoog; sikspens drome is reeds opgewonde gehang aan die rooi van ‘n geswelde perskewang. © Anzé Bezuidenhout
BESIGE TYD
‘Dis heerlike lente, die winter’s verby. Weer vrolik die velde, vir jou en vir my’ of ‘Al die veld is vrolik; al die voëltjies sing; al die kriekies kriek daarbuit’; elke sprinkaan spring’. Lentetyd is Lasarus-tyd. Dis lewe-kry en opstaantyd. Dis tyd om die liefde op te warm, romanse af te stof, te lag en […]
My hart se droom
Waar daar vreugde groei sal lente bloeisels bloei bring waarheid aan my drome dek ek groen die bome So skoon en ongeskend so stil, sag en soet geluk wat so diep nestle in my bloed Ek sien ‘n pad van grassies sag en oor dit skyn die sagte maan ‘n ster wat helder blink in […]
September
Deur dowwe grys van swaar wintersdae breek skugter, die nuwe blomgesiggies deur, die spikkels van die lentereën vorm ‘n groen mirage van nuut gebore seën ‘n sonbal wat oor dorre vlaktes rol, dans duwweltjiesblom baldadig dog kuis tussen skoenlappervlerk geruis waar eens dorings en distels was, bot ‘n duisend en meer grasgroen blare teen skurwestam […]
Lente se lied
Wanneer winter in die verte vervaag en die lente op die horison opdaag om koue se mag te kom ontbind en die somer sy prag te laat vind. Dan wil ek jou vreugde aan my sy hê sodat ek my liefde in jou kan belê, tot ewigheid ons as een saambind, want in jou is […]
DIE LENTEBRUID
Dit is heerlike lente, die winter is verby… Waar Lynette de Beer nog warm snoesig in die bed lê wonder sy waarom hierdie liedjie vanoggend deur haar kop gaan. Vir n paar oomblikke luister sy na die gekoer van die tortelduiwe voor in die groot ou jakarandaboom voor haar venster wat afgewissel word met die […]
Haar Skoonheid Rein
Haar Skoonheid Rein My muur word met lower groen takkies versier Vasgevang die mooiste rooiste roos, rofweg met doringhakkies op die takkies Sy dra die soetste, sagste, skoonste,geur Jy raak bewus…. Haar skoonheid rein… Haar aroma soet en hang in die lug Strelend, helend jou verbeelding verlei… Fluweelsag jou bloedrooi rose blomblaar onaangeraak nakend staan […]
Verskuild
Stil en vrugtig soos die dooier hardgedop vorm verskuild die tenger blommeknop om eensklaps in vroegoggendlug dorheid na Lente te breek en; vermakerig vir Winter tong uit te steek © Anzé Bezuidenhout
So rooi soos bloed, so suikersoet
Die hap in ‘n groen appel knars verwagtinge roekeloos deur die yslaag in jou hart Wit lyne skree in almal se kele die maan verkalk rubber bande knars oor ‘n sprinkaan ‘n vergruisde hond lӗ langs die pad Bene breek deur vlees haal diep asem… jy hap in die groen appel dit knars skree dreun […]
Blameer die Lente
Ma, ek was nie dronk nie. Die lente was in die lug. Die wind was in my hare, die see en die sand en die sout. Die son was teen my rug en ek onthou (na soveel jare) dat ek wou dans . . . * Ma, daar was ‘n tafel in jou huis in […]