Lente kom op 4 September
Een oggend word jy wakker in ‘n dorp soos Brackenfell en September’s in jou are, jy voel dit tintel teen jou vel. In die donker staan jou doringboom en skilferbas* geel ryspapier. Die eerste voël sing lankal reeds, skamele minute net na vier. Buite flikkerskitter sterre, laat hul lig op golwe dans en salig […]
Seisoen in jou lag
Jou siel vergeet die pyn van gister wanneer ‘n lente bloeisel saggies kreun in jou hand In die kring van jou lag is die mooiste mooi dit tyt in my ore oor skoonheid en somer Het jy saggies met jou lippe my soet soeter soetste wens vervul
As vuurtonge oor my wange lek
Terwyl ek die dunhout liggies aanvuur met fluisters uit my longe, wonder ek hoeveel kaggelvure ek al deur geleef het, knetters gebreek en tot as sien verpulwer het. Soms voel dit asof ek in ‘n ewige winter gekerker is. Snywinde wat keep teen die mure van my huis voel ewe tuis in die lugleegte van […]
Groen sag en broos
Soos ‘n stil skim staan hy daar wat iets moois of tydloos probeer vasgryp Gulsig steek die boom sy takkerige hande uit na die son en voel hoe warmte deur sy droë wortels stroom O soete lente kom les my dors met jou sagte reên bedek my bas met lower groen Ontwakend bloei dit bly […]
Wenners van die Liefde vir Afrikaans projek
Gedigte afdeling: 1.DEEL – Mariska Smit met Penastrofie EN Viooltjie met Ek ken ‘n taal 2.DEEL – Anzé Bezuidenhout met Kleurvolle Josefskleed EN Cornien met My trots my taal 3. Agie met Hartstaal Rubrieke afdeling: 1.Vonnie met Sy huppel soos ‘n wafferse ballerina! Verhale afdeling: 1.Adri A met Lentedag-ode aan Arno Baie geluk aan hierdie […]
Lentereën
Waar die hemel eindig en die aarde begin, waar jy nie is nie maar waar ek jou kan sien en die sterre die weg aanwys vertoon jy jou, om trots die begin van ewigheid aan te dui. Met ‘n tranedal bring jy hoop vir die toekoms, met ‘n gebrul en gedonder prys jy die Heer […]
Lente Ontwaking
Na ń koue winter slaap Ontwaak bome, blom en gras. Heerlike lenteweer laat als groei met nuwe krag. My gees ontwaak na ń koue winter slaap. God se warm liefde laat koue wyk. Groeikrag vul my hart met nuwe lewenslus. Bome, blomme, gras en harte herleef jubelend God se herlewings krag. Hy sê kyk “Ek […]
Lentebeginsels
Lentegesindheid Elke nuwe Septemberdag is ‘n vreugdevolle lentedag en die natuur begroet ons gul met hernuwing van bot en blom en skep in ons harte lentebotsels van medemenslike mededoë om uit te dra, en mooi lentebesluite in ‘n lentejaar te omskep en uitlewe,nie afpen en tot September afbaken nie— Laat ons soos lenteblomme wees en […]
Op soek na die lente
Op die pad tussen Tulbagh en Joostenberg deur Wellington en by Agter-Paarl verby – in ‘n stokou bakkie sonder canopy – dáár het ek die lente gekry. * Sy’t oral langs die pad in velde vol van groen gegras en in lappe, lappe koring aan die berge se voete gelê. In die geel van […]
Ek kom haal jou in Augustus
Ek kom haal jou in Augustus By Postberg, aan die Weskus digby Langebaan – dis waar madeliefies weer vanjaar so geil oor vlak en rante staan. En teen die duin’ – daar waar hul strandlangs hou – blom vaalblaar salies roes en blou langs die oranje, wit en geel geweef waaroor meeue op die winde […]