AFRIKAANS, MY TAAL
AFRIKAANS ek lag in afrikaans ek huil in afrikaans ek glo in afrikaans
Een en alleen
Die afgelope naweek het ons gesin vir die eerste keer in ’n langtyd die kuier teerpad deur die res van die kolonie opgeneem. Die lag en gesels en saamwees was so lekker dat ek amper vergeet het dat ’n stelling wat iemand die ander dag gemaak het, nog skuins in my gedagtes ge-ets is… Rondom […]
Stilte van donkerblou
My liefde spat goudgeel vreugdes teen ‘n wit doek se klots-klap branders vas Skemeraand sluip sag in purperpers en bessie-rooi waar jou hart se pols’klop stil gaan staan in die koepel’krul van die maan En wanneer stilte spikkels van goud oor die donker strooi skyn ‘n nuwe seisoen ligblou Waar jou sag-sug-slaap in die trom-trompet […]
Spookasem Wolke
Eendag lank, lank gelede was daar ‘n miteskrywer wat stories vertel het vir almal wat sy ontmoet het. Stories vol eenhorings, skêre, spookasem wolke en ander lekker goed. Haar stories was propvol Afrikaanse woorde wat goed in haar luisteraars se verbeeldings wakker gemaak het – dinge wat die Engelse ekwivalente net nie kon regkry nie. […]
Filander en Koket
Filander en Koket [Minnelied] Wanneer jy verslaap is alles deurmekaar Woorde hangend in die lug Afwagtend vir digvormliefkoosing ʼn spieëlbeeld van Afrikaans my taal So dwaal ek ongehinderd rond gaan ek voort Krap in die tuin en in die grond Maak wakker die slapende hond Nou kyk net die stoutpootjies in my tuin Hy is […]
Verbode Traan
Verbode traan Wit en grys wolke vergader in die bloue ruim Op die randjie van die rif sit n wolf dood stil Sy oë strek ver oor die velde – lower groen waar die vygies tussen rotse deur, geel en pers paadjies blom Die natuur so mooi maar soms ook wreed Oorlewing is essensieel ons […]
EK KAN………in my TAAL!
Uniek is my taal. Afrikaans is my taal. Ek kan verduidelik, omskryf, besluit of verskoning vra in my taal. En as ek kwaad is, kan ek stry en vuur spoeg in my taal….donner, bliksem, wetter. Ek kan liefhê en liefde uitdeel. Ek kan jammer kry en simpatie gee. Ek kan parmantig wees en afjak in […]
Afrikaans – beminde taal
Van kindsbeen af vul jy my hart. Dit vloei uit my mond en kielie Afrikaanse oor, wat skaterlag uit hul maag, vir snaakse grap – net in Afrikaans. Jou troos woorde is soete heuning wat vrede bring. Diep in my hart, het jy spore getrap. Met jou in my mond fluister ek liefdes woorde, in […]
Wenners van die najaarsblom projek
WENNERS: Najaarsblom projek Gedigte afdeling: Viooltjie met Pienk bloei die herfs Palet met Wink die skemer skadu’s blink Mariska Smit met Sysoen Verhale afdeling: 1. Ronel Janse van Vuuren met Syns vir die najaarsblomme Baie geluk aan hierdie 4 skrywers
Dagbreek
Dagbeek Die voëltjies wat spotlag en sing in hul taal Weerklank en rugry in die oggendfris lug Kondig hul af van ʼn nuwe dag wat blink Die ys bal maan wat aan die hemel hang Word nou sag gegroet in die glim van ʼn sonnetraal So dink en droom ek voor die venster oor jou […]