Meisiekinders van my Hart
Blou oog, bruin oog glimlag vier ogies vir my, in die fleur van jul lewe, staar jul deur my laptop na my, en verrassend lief ek julle keer op keer. ‘n Moederhart sing van plesier, want gebede het waar geword. Eens in verhoudings verstrengel, raak gebede die toppunt van my lewe. Blou oog pragtig, verras […]
Rus Sag
Dis begrafnistyd in Elsburg. ons oom Sias is nou heen. Voor die parkie in Jackdaw straat. Staan ons groepie stil en ween. Hy self het begin kwyn. Nou rus hy, alles is verby, geen verlang meer vir hom. Eendag is sy weer aan sy, sy. rus sag oom tot die dag kom.
Seebries in die Wind
Skemeraand hier op die strand, ver verlange le my gemoed, want eens was hy daar, maar hier is net gedagtes oor. Tyd vir aangaan, al is die pad onbekend, Een ding is verseker, God is hier saam met my. Onbekend loop ek my vas, in dit wat teen my beginsels is, gou moet ek my […]
Jy sal daarin bestaan
Vertaal in tyd my hand omkeer skryf in ritme die verhaal Verdoessel al die stil verkeer in sonkleed van jou taal Wanneer tyd aanstap elke uur sal die oomblik nie vervaag Deur elke goue kans verduur sal die Jy daarin bestaan Carpe diem – gryp elke kans want tyd loop vinnig uit As ek met […]
Agter die pienk deur
Lalie trek die deur versigtig toe, saggies sodat sy nie ’n geluid maak nie. Haar huismense slaap nog, want dis nog vroeg. Dit is net na ses en die son is nog nie behoorlik op nie, maar die flou oggendlig is genoeg vir Lalie om te sien wat sy doen. Haar hand rus ’n oomblik […]
Projek – “Carpe Diem” (Gryp die oomblik) – Sonnet
Tyd is nie tasbaar nie, en kan ook nie in die laai gebêre word om later te gebruik te word nie. Carpe Diem is Latyns vir: ‘Gryp die oomblik.’ In hierdie projek het u ‘n tweeledige opdrag: (1) Die inhoud moet die filosofiese waarheid van ‘Gryp die oomblik’ bevat of omskryf. (2) Indien u in […]
Amber Liefde
Roes rooi vertoon ons as ons val van bome van die hart As ons wankel in ons ruimtes onmeetlik so vol van smart. As die son goud drup oor die vlakte en die gras waai soos golwe prag Tot wanneer herfs knip oog vir die winter Sal ek op jou wag. ”Amber rus ons liefde, […]
Woorde op ‘n servet
Katryn klap die veiligheidshek toe. Sy woorde hang in die lug, sy’t hulle gehoor, maar sy gaan nie hier staan dat hulle by haar ore verby kan seil in haar hart in nie. Sy stoot die voordeur toe en sien deur die venster sy gesig agter die tralies van die veiligheidshek. Hy bly staan, maar […]
Grashalm groet
Vlamkleurig hang pop’lier en esdoring blaar – helder geel en rooi getooi tot brons en goud, versadigend gelouter in laaste sonstraal, voordat blaarsteel kurkagtig en koud die laaste lewenslyn in elk’ binne aar afsny en boom skelet-kaal vinger wys na hemel blou en winter skelm wit sy intrek kry, nog voordat alles verkluim in grou […]
Ek was gister weer by Bettiesbaai
oor die silwer dam by Bettiesbaai het ‘n vars wind – sonder ophou – vanaf Kogelberg se kant bly waai die reuk daarop was ‘n mengelmoes van sout en vis en seebamboes * soos smeulend amber rus ons liefde (in afwagting . . . dat dit wéér ontspring) net soos kelp drapeer oor ruwe rots […]