Maart 2025 – OOP projek
Beste INKers Streng gesproke is die 1ste Maart die begin van herfs vir ons hier aan die Suide. Die temperature reflekteer dit vir seker nie. Gelukkig (of ongelukkig vir sommige) is Maart `n projeksiklus sonder voorskrif. Nou is die tyd om die laaie oop te trek en die rekenaarlêers te ontsluit waarin dáárdie […]
Januarie 2025 – OOP projek – Kommentaar en uitslae
Baie geluk aan die 12 lede! Wenners GEDIGTE Brons (1) No 21 Rosalee Meyer met Uurglas (2) No 11 Johan Jansen van Rensburg met’n Ou se U-draai (3) No 20 Elize Awona Pucillo met Rebelse held Silwer (1) No 2 Coenie Horak met Tjailatyd […]
’n Onverwagse oplossing vir pyn.
Ek moes lag toe ek onlangs op ’n artikel afkom wat beweer dat water amper alles kan regdokter, van rumatoïede artritis tot ’n knaende migraine. En tog, hoe meer ek daaroor dink, hoe meer sin maak dit. Water is immers oral: in jou koppie tee, jou warm bad na ’n lang dag en selfs in […]
Wanneer die aarde sug.
Namibië is ’n land waar die aarde dor en hard kan wees, waar die son genadeloos bak en die wind stof in jou oë waai. In hierdie land is water nie net ’n gerief nie; dit is ’n kosbare skat, ’n lewenslyn. In die droogteseisoene, wanneer die grond kraak en die lug swaar hang van […]
Druppeldans
Teen sink se silwer speel ’n sagte lied, uitkoms in tik-tak, tik-tak aangebied. Fluister-druppels suis-sis val versigtig, eers net sag en skaars hoorbaar lig. Dan bons die note wat klap-klap klink, ’n ritme-wals in druppels, groot en blink. Tik-tik, tok-tok klink so hard soos ’n skoot, kletterend soos mooie musieknoot. Bulder en bons dit in […]
DRUISRYK (SILWER)
In druisryk se dans, waar waters dreun, versmelt dit met winde wat wild om my steun. Strome sproei oor die rotse ’n blinksilwer baan, en vloei in die klowe met klanke nimmergedaan. Die see sluk die son in ’n vlammegloed se kleur, waar golwe geduldig deur sandduine beur. Riviere se lenige vingers gryp vurig en […]
Die naaldekoker in my (Silwer)
Die naaldekoker in my (Silwer) Die naaldekoker hang stil oor die visdammetjie voor my, waar ek vir ’n wyle verpoos, voordat ek aanstaltes moet maak om aandete voor te berei. Ek gun myself min hierdie luuksheid om die dag se kop-liassering te doen. Vir ’n oomblik voel dit vir my of […]
Oranje Poseidon-soene (Silwer)
Oranje Poseidon-soene ek proe jou kabbelklank in die missproei smagtend, tastend aan rotswande jou droogteweersin eggo in die wind se geloei minagtend stu jy genadeloos voort na benede donderend druis jou hidro-stem eggo jy wit in borrellende skuimgolwe jou tuimelsluier onbeklem’ oor oer-ou ruwwe rotskranse wat erosie-natgetuig … seepglad van jou stromende instinktiewe soeke slingerend, […]
Waterskeiding
Toe die aarde nog woes was, toe was jy al daar Jy’t gebreek toe die eerste moeder moes baar By die sondvloed laat jou strafbevel net agt in die lewe om dit oor te vertel Die skelfsee oorspoel die Egiptiese mag en die slawevolk loop vry ná vier eeue se wag Moses slaan die rots […]
Daar’s iets in jou kraan
(Woordtelling : 711) Venterstad, ʼn rustige plattelandse dorpie in die Karoo waar die beeste in die strate stap en die hoenders vir kos op die sypaadjies skrop. Boerbokke help hulself sommer aan die plantjies uit die tuine. Ten spyte van die somerhitte, is die inwoners vriendelik en hulpvaardig. Dit is nou nie juis die […]