Twintig vyf-en-twintig– {SILWER}
Twintig vyf-en-twintig Nou ja! daar het jy dít swart op wit die jaar twintig vyf-en-twintig getoonset in die kalender van Sy genade met die lirieke van Sy liefde plaas nou die progressie van jou nootwaardes in ritmepatrone binne die balk van twintig vyf-en-twintig bladlees dan die toonhoogtes die maatslag die melodieë van begeleiding uit Sy […]
Roep van die Aandvoel
Brons afdeling Dit is EK. Dit is EK wat kantel teen tafels van wellus gedek. Die skemeruur baar in donker gloed skimme van selfverwyt. En die Aandvoel treur oor die kortstondigheid van volkome geluk – Hoogmoed loop voor en trane sluk. Vir n oomblik roep Aandvoel – amper bly in die engheid […]
Eerste Liefde
Waar is die plek waar ons saam gewandel het – U en ek? Was dit langs die stil waterstroom tussen immergroen loof? Of in die skeur van die rots? In die reenboog se boog? Geen gat in osoon kon my vuur vir U keer! Om met U te kon wandel… Om van U […]
Vooruitskouing
Vooruitskouing Brons deur Hennie du Toit Die oue is verby, die nuwe het gekom, maar is ek daarvoor gereed? Want nuut bring ook onsekerheid omdat ek die pad nie weet. Die ou jaar was vol pyn en seer met my waaroms teen die muur geskryf, soveel dinge wat ek nie kon beheer. Saam met die […]
Psalm 22 ( Die wildsbok van die dagbreek)
Brons afdeling Psalm 22 (Die Wildsbok van die dagbreek) Wildsbok jy staar alleen en kwyl groot-ogig deur die doringdraad na die spieëlbeeld van Sy Daeraad. Jou dors beur diep krete vanuit jou honger siel en los wreed sy merk voor die tafels van seën vir jou gedek. Wildsbok breek los uit die […]
Skuif ons Vader hemelsluise oop
In die gieter, kletterend, pletterend trane oor sinkdakke glinster druppels wat pietsend op droë grond neerplof in die bokspring van lewende wensens met dankbare harte word water gulsig opgeslurp deur dorstige opkrul krake breek plons druppels glinsterende spieël van damme wyl blare ritsel en ruisel onder gutsende druppels van plasreën wyl genadewater splitter, spletter en […]
“n Ou se U – draai
Brons afdeling ‘n Ou se U-draai Omte U-draai Kort ‘n ou “grip”, skoene met rubbersole, en ‘n pad van klip. Mannemoed slinger ‘n Wye Es oor ‘n ou se pynlike ervarings en leer ‘n duur les. Al knarsende oor die pad van klip; van hartseer en van rou skep ‘n ou momentum […]
vars
broos lyk ontwakende roos groen stingel se bloos doudruppel van nuwe lewe skugter ontwakende oog gister was jy nog klein onwerklike metamorfose kruip jy met kroonblare uit jou knoppie en tooi wêreld om jou rooi onskuld in oë wat nog ontdek wêreld se winkende prag maar ook sy drek wat oos […]
Swaar Verby
dun vuil gesig smeek voor venters ongenadiglik blink vir verligting van die anderkant dit maak nie saak die bek eet net pap enige erkenning, of iets ! binnekant ń rooi geverfde bek haastig oppad na brood en botter werk die koue is verjaag deur binnemotor verhitting oopmaak is nou onmoontlik klinies word die wedersydse swaar […]
Jesus se skemerskildery
met die dag wat sy nagklere aantrek sit ek hier in die geluide van die skemerte met ‘n glasie wyn afwagtend vir die nag wat gereed maak vir die nagsimfonie waar God met sy kwas kwistig in mengelmoeskleure teen die horison begin verf op sy doek die blou hemelse agtergrond streep Hy silwer en […]