Desember 2024 – Kersfees projek – Kommentaar en uitslae
Baie geluk aan hier 10 lede! WENNERS GEDIGTE: BRONS: (1) No 1 Marthie Joubert (RIV) met Boemelaar (2) No 8 Cobus Kruger met Plastiek vrolikheid (3) No 7 Cobus Kruger met Hoekom jy ’n geskenkbewys kry SILWER: (1) No 17 Retha van Deventer met Sensoriese euforie (2) No 5 Pieter Mostert met As die son […]
Nooit Alleen
Ons almal se lewens is gejaagd. Elkeen het sy eie bekommernisse en dinge wat hulle daagliks besig hou. Kinders moet skool toe, daars druk by die werk, verhoudings loop nie altyd glad nie, finasies is beroerd en die regering maak ook nie dinge makliker nie. Dan, uit die bloute gebeur iets. Iets wat jou hele […]
hartstaal (Goud)
die hart …passievolle kruitvat… laat hom naïef uitlok en reageer dan ten beste …onvoorspelbaar op die verleidelike koggels van liefde en haat © Elmarie Nienaber Van Kampen, 2025
Vormlose Skaduwees
donker is die maan koud is my binneste die lag in my week verskiet sterre my binneste vormlose skaduwees koggel in my rond gedagtes swieterjol alom teenwoordig fnuik koggelende kloppe my hartsnare deurdrenkte woorde stortende afgronde uitgerafelde wese beur ek myself na vore klaagliedere so beskore binnegolwe tastend rond bespiegel terwyl weersin skokgolwe tasbaar prikkel […]
In gedagte my passie
warm skyn die son grondpad reik uit na vore stadig beweeg ons nader die pad vesper met bokke hoe vreedsaam lê hulle daar stadig nader ons hulle steeds lê die luilekker in hul oë ons stap en prewel sagte woorde lui begin hul beweeg met oë op ons maak hul pad vir ons diep tref […]
Elogium Silwer
Elogium slimmerik ingewig tussen-in die soelte van snags en soteriese serkstekste val die umbra oor die naglandskap van my siel wat wild wakkergeskud deur beleërde drome en dowwe kaatsings van bloedbelope oë vewerend agter onwaaragtighede dwarsdeur die pêrel van pyn beur helaas ek kry nie die gisters uit my oë uitgevee nie want daar bly […]
Tjailatyd Silwer
Ode aan Theuns Jordaan Tjailatyd die jakarandas in duncanstraat tooi ‘n taaitraan treur in pers mcGillis en mcGintis in hatfield onthou steeds hul skorstem seun se songs so salisiel ek wou so graag nog gaan luister, een aand waar jy die bekfluit vasknyp tussen jou tande nes boerbeskuit helaas, my stoel is leeg en my […]
November 2024 – OOP projek – uitslae en kommentaar
Baie geluk aan hierdie 11 lede! WENNERS GEDIGTE: BRONS: (1) No 22 Retha van Deventer met Die gladde stiltes in glas (2) No 7 Coenie Horak met Die ouderdomsmuseum (3) No 23 Cobus Kruger met Ekwilibris in die mis SILWER: (1) No 16 Marlene Erasmus met Na die storm (2) No 25 Hester Steenkamp met […]
Januarie 2025 – OOP projek
Beste INKers, Dit is BAIE belangrik dat jy as deelnemer aan die projekte deegliks kennis neem van die veranderinge aan die projekte vanaf die 1ste Januarie 2025. Projekveranderinge vanaf 1 Januarie 2025 Neem kennis van die volgende terme en hul definisies: a. PROJEKSIKLUS: Spesifieke maand waarin die betrokke projek aangebied word. Vanaf die 1 ste […]
So onthou ek ons somerkersfees.
As kindjie klein in die dorre warmte van Upington, was Kersfees iets besonders. Pa Jan wat by die spoorweë gewerk het, het elke jaar die kersseisoen net soveel waardeer as ons. Oukersaand was die hoogtepunt! Die atmosfeer was gelaai met opwinding en vreugde. Ons gesin, ek en ouboet Nico saam met ons mamma en pappa, […]