September 2025 – Orde uit chaos projek
Beste INKers Terwyl ons nou stadig uit die “chaos” van winter beweeg, en perdalks al die “orde” van lente in kleur begin ervaar, het ek gedink om julle uit te daag met ’n heerlike (en dalk omslagtige) projek. DIGTERS: Skryf ‘n gedig wat die tema “Orde uit Chaos” verken deur die krag van beeldspraak, ritme […]
Passiespel
Passiespel Hierdie is nie die gewone tradisionele storie rondom Paasfees nie. Dit is die wedervaringe van ‘n skriba wat oor baie jare strek. Daar is ‘n kerk wat elke jaar ‘n opvoering aanbied. Dit is ‘n glansryke dog stigtelike geleentheid wat met verskeie opvoerings oor paasnaweek plaasvind. Die tegniese span wat verantwoordelik is vir die […]
Skaduwees oor Kitty Hawk
Skaduwees oor Kitty Hawk Desember 17, 1903, Kitty Hawk, North Carolina. Ek staan in die koue sand. Wind sny my wange en waai my hare in my oë. Die skare juig oorverdowend. Orville en Wilbur staan by hul vliegtuig, staalglansend, maar iets voel verkeerd in my maag. Die see bulder agter my, diep en wild. […]
’n Ma se Waarneming
Ek het gou agtergekom my dogter, Lien, beleef die wêreld anders. Sy skryf met haar linkerhand. Wat vir ander kinders ’n maklike beweging was, die gladde gly van ’n potlood oor papier, het vir haar ’n inspanning geword. Ek onthou hoe sy in graad een die bladsy heeltyd met haar palm vee, die woorde verander […]
Die ‘aandeel’ van die menslike brein in linkshandigheid
Die menslike brein is die mees komplekse struktuur in die skepping van God. Met sowat 86 miljard neurone en triljoene sinaptiese verbindings, vorm dit die sentrum van bewussyn, denke, emosie en die funksionering van die liggaam. Die brein van die mens kan dus beskou word as ’n biologiese “rekenaar”, wat anatomies bestaan uit twee hemisfere […]
Die linkse se stryd is werklik
Thea is links. Maar nie op die manier wat jy sou dink nie. Nie polities of ideologies nie. Nee, sy is net … links. Sy sal jou vertel dat hierdie wêreld so regshandig is soos tant Rina se Bybel met onderstreepte verse. Dit is ‘n stryd maar tog ‘n vindingryke stryd. Van die begin af […]
Die Wit Huisies se Stil Gebed
# Waar vissershuisies hurk Nicola Brown Die Wit Huisies se Stil Gebed Langs die water hurk die wit vissershuisies, elk in ’n ander skakering, van room tot kalk, van geelwit tot soutgevreet grys. Saam is hulle soos ’n skildery wat jy nie kan koop nie, net beleef. Hulle skuil teen die wind, net soos die […]
Die Sage van Kadean, die Teenwysige (502 woorde)
Die Sage van Kadean, die Teenwysige Eone voor die berekening van tyd, het ek, Aequitas, regeer. My leuse eenvoudig: Geregtigheid — Gelykheid — Billikheid Vir Almal Oorkant my, het Kadean gewoon. Skilder van wolke. Wewer met skaduwees. Argitek van blomme, riviere, takke, voetpaadjies, golwe en spirale. Niks was reguit nie. En tog was sy oë […]
Piet Andersom
Soos dit seker maar in enige linkshandige seuntjie se lewe gaan, moes ek ook deurloop onder die venynige tong van ’n onderwyseres gedurende my kinderjare. Ek was vier jaar oud en in die voorskoolse klas toe my juffrou my potlood uit my linkerhand geruk het. “Nee, seuntjie, jy hou nie ’n potlood met jou linkerhand […]
Julie 2025 – OOP (Skaduwee van tyd) projek – Kommentaar en uitslae
Baie geluk aan hierdie 10 lede! WENNERS: BRONS: (1) 21 Awona MET Stil-stil terug (2) 6 Awona MET Asemloos (3) 14 Wilmari Marx MET Ek onthou SILWER: (1) 25 Retha van Deventer MET Tanende tempo van tyd (2) 26 Retha van Deventer MET Uurglasdrome (3) 9 Pieter Mostert MET Realitieit GOUD: […]