Augustus 2025 – Linkshandige projek – Kommentaar en uitslae
Baie geluk aan hierdie 9 lede WENNERS: BRONS: (1) No 2 Nicola Brown met Hunkerende hand (2) No 5 Paul S Venter met Soros – omoma mono (3) Geen Inskrywings SILWER: (1) No 4 Charles Skeen (Tearlach) met Hand (2) No 3 Pieter Mostert met Onder grammatikale frons (3) No 1 Pieter Mostert met Spieëlhand […]
Oktober 2025 – OOP projek
Beste INKers Oktober is ʼn maand van warmer weer en ʼn maand van kleur. Hierdie maand is ‘n vrye en oop projek sonder voorskrifte en reëls. Daar is totale vryheid om deel te neem in al die afdelings sonder enige regulasies. Innoverende mense skryf in Afrikaans. Skryf groete Projekbestuurder. *ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING […]
Die opstanding
Dit was ʼn aardskuddende hergeboorte. Nogal nie die wedergeboorte waarvan die Christendom praat nie, maar ʼn geboorte tot ʼn nuwe bewustheid dat alles wat ons van geboorte af geleer word, nie noodwendig die volle waarheid is nie. Dit was ʼn gebeurtenis wat my tot in my siel geskud het, en skielik het ek myself op […]
Asheuwel.
Asheuwel. “Onluste ruk Asheuwel – strate brand, winkels sluit hul deure 2 Septemberg 2025. ” Die berig in die Asheuwel Gazette was kort, feitlik en sonder sagte woorde: die gemeenskap het geprotesteer oor water en elektrisiteit. Die beloftes van herstelwerke het soos mis voor die son verdwyn en woede het die strate ingevloei. Wat begin […]
Jou huis is waar jou hart is.
Ek het daardie huis nooit besit nie, maar vir jare het dit soos myne gevoel. Vir ses jaar het ek daar gewoon, ’n plek van stilte na ’n lang dag, ’n kombuis waar ek my gunsteling disse voorberei het, ’n stoep waar ek die seisoene verby sien rol het. Maar dit was nie net die […]
Klein ritmes, groot stilte
Klein ritmes, groot stilte Daar is plekke wat mens se liggaam en siel as een herken. Myne het ’n huis — ’n kasarm van ’n plaashuis vol gepak met aardse besittings wat oor jare bymekaar gemaak is, geërf is en geskenk is, ’n breë stoep waar die oggendson goue bane oor die vloer trek, ’n […]
Chaotiese vrede #Silwer
Chaotiese vrede Op die vooraand van die sogenaamde voorspelde wegraping, skarrel my gedagtes deur die chaos van my siel. Die stilte van die voornag, dra ‘n tasbare misterie. Die vraag: “Is ek reg vir die ewigheid?”, bring ‘n vulkaniese uitbarsting van emosies. Naarstiglik skribbel ek woorde van bemoediging en aanmoediging aan vriend, familie en vyand. […]
Gered deur die klok (Goud) 508 Woorde
Ek hang aan my voete van die klaskamer se plafon. Reg onder my, gesiggies ‘n paar sentimeter van myne én mekaar s’n, staan twee kinders gelyk met my en gesels. Hulle kompeteer met mekaar in ‘n luide woord-kragmeting om die meeste te kan sê, sonder om oogkontak met my te verloor. Hulle praat oor, deur, […]
“Hier volg die weer.”
“Hier volg die weer.” Stoot opstandige hare weg uit helder oë. Kniel angstig voor sinoptiese kaarte, lees blare in isobare. WAT wil die boere hoor?! Ahaaa! Hiers ‘n laedruk!! [maar die hoog wig ook] koud … druk … front —{ aksie }— Frons verdwyn, hand beduie, “Iewers reën dit elders.” Skitterwit tande. Daar! Maar weervoorspellings […]
Eiland van orde
Toe haar siel-mens sterf, het chaos haar verswelg. Dit was asof die hele huis, elke vertrek, elke hoek, sy afwesigheid geskree het. Hy was die orde-mens, die boksie-man; alles het ’n plek gehad, ’n ritme, ’n roetine. Sy was die sirkel-mens; sy het beweeg sonder vaste lyne, haar lewe was dikwels ’n warrelwind van begin […]