’N EKOLOGIESE PIEKNIEK IN DIE KALAHARI
Op ’n heerlike lentedag in die Kalahari, het ’n groep diere besluit om ’n ekologiese piekniek te hou. Hierdie besonderse piekniek is geïnisieer deur die versamelvoëls. Ek was in die bevoorregte posisie om vanuit ’n wildskuiling die diere se piekniekbedrywighede deur die lense van my verkyker dop te hou en te dokumenteer. Wat ’n wonderlike […]
Hande wat lei en laat gaan #brons
Hande wat lei en laat gaan God gee vir ons kinders om groot te maak – ‘n heilige taak vol verantwoordelikheid en liefde. Wanneer hulle klein is, moet ons hulle voed, beskerm en koester. Maar daar kom ‘n dag wanneer hulle self moet opstaan en rond beweeg. Ons sit nie hulle voetjies een vir een […]
Dobberend #brons
Dobberend Soos ‘n strand bal word haar hart heen en weer gegooi tussen die mense wat sy lief het. Dit lyk so idillies en mooi. Laggies weerklink midde die breek van die branders, en die sproei van die witperdjies verberg die sout strepe oor haar wange. Elke nou en dan vat die bal sy eie […]
Mei 2025 – OOP projek – Kommentaar en uitslae
WENNERS Baie geluk aan hierdie 11 lede! GEDIGTE: BRONS: (1) No 5 Audrey Bierman met Afrikaans is my herkoms (2) No 21 Pierce van Tonder met Ek lief jou (3) No 17 Christa Diederiks met Genesende rots SILWER: (1) No 33 Retha van Deventer metSlenter-smagting (2) No 30 Cobus Kruger met Pendorings (3) No 16 […]
EKOLOGIESE IMPAK VAN PIEKNIEKS IN NATUURLIKE OMGEWINGS
Oorsprong van piekniek Piekniek het sy oorsprong in Frankryk in die laat 1600 ‘s. Die woord piekniek is afgelei van die Franse woord pique-nique, wat letterlik beteken ‘om iets kleins te eet of saam te bring,’ vir ’n informele maaltyd. Die tradisie het toe versprei na Engeland en later na ander dele van die wêreld, […]
Nat kombers (Goud) 457 Woorde
Ek is nie ‘n avontuurlustige mens nie. Daar is ‘n hele lys van aktiwiteite waarin ek glad nie belangstel om te doen voor ek tot sterwe kom nie. Piekniek hou, verál in die winter, beklee ‘n baie spesiale plek op hierdie lys. Die idilliese fliektonele waar ‘n paartjie aanstryk deur die lang gras terwyl hul […]
JUNIE 2025 – PIEKNIEK PROJEK
Beste INKers Op die 18de Junie, vier die wêreld internasionale piekniek-dag. Vir ons hier aan die suidpunt van Afrika is dit egter winter, maar ek is seker jy kan jou gedagtes mobiliseer om hieraan deel te neem. Ek is seker van ons het ‘n voorkeur vir ‘n winterson-piekniek, maar ons huidige seisoen behoort nie […]
Die berge swyg Goud
DIE BERGE SWYG Heleen vee die nattigheid van haar wang af. Herman moet tog net nie sien sy het gehuil nie. Sy druk haar hande in die skottel. Haar vingerpunte is rooi en teer. Ritmies laat gly sy die borsel oor die sementvloer. Spatsels rooi verklap vroegoggend geheime wat saam met die seepwater in die […]
Goggas van die kunstefees
(Woordtelling : 753) Dat ek nou so oud moes word voordat ek die KKNK vir die heel eerste keer sou kon bywoon. Die immer gewilde Klein Karoo Nasionale Kunstefees wat alreeds 20 jaar bestaan. Vriendinne het al hoeka vertel dat ons moet gaan kyk, maar daar was eers nie geld nie, en toe was […]
INK DIG- EN SKRYFKOMPETISIE 2025 – 1 Februarie 2025 – 31 Mei 2025
2025 – INK VIER SY 10DE BESTAANSJAAR! Kom gee vlerke aan jou woorde en gedagtes!!! Ink Skryf in Afrikaans (www.ink.org.za) bied vanjaar weer ‘n dig- en skryfkompetisie aan waarvan die beste gedigte en kortverhale in ‘n spog bloemlesings opgeneem gaan word, naamlik INKSPRAAK 6, INKSPRAAK 6 JEUG, en INKSPRAAK 6 KORTVERHALE. Groep 7 https://groep7.co.za/af/tuiste/ , […]