Wanneer liefde stil raak
Die son gooi sy warmte oor haar gesig, en sy luister na die aanhoudende gekoer van ’n duif wat geen Antwoord kry nie. Diep binne haar, daar waar niemand weet nie, is daar ’n plekkie waar sy wegkruip met haar seer. Dis dáár waar sy altyd antwoorde kry … en tog, waar soveel vrae ook […]
Die kleur van rou
In Oktober verander Pretoria in ’n ontploffing van pers. Die jakarandabome staan soos stille waghonde teen die blou lug, hul blomme sweef stadig neer soos sagte herinneringe wat op die siel val. Elke straat is ’n kunswerk, ’n gedig wat geskryf word sonder woorde. Pers is nie net mooi nie. Dis ook die kleur van […]
‘Onse duineland’ – ’n liturgies-poëtiese gesprek met Buks Appelblaar
Ek stap saam met Buks Appelblaar die Kalahari-woestyn in. Tussen die saggolwende rooi-rooi duine wat kontoer tot in oneindigheid, raak ek opnuut bewus van die oneindige grootheid en alomteenwoordigheid van God. Ek het op my hurke tussen die duine gaan sit. In my hand het ek rooi-rooi Kalaharisand toegevuis. Dit het vir my gevoel asof […]
‘n Boer se hande vertel ‘n storie. (Brons)
(Woordtelling: 347 woorde) “Pappa! Kom gou!” gil Annemie benoud. “Wat is fout?” vra Henk bekommerd. “Lukas het seer gekry.” Snikkend beduie sy na die stoor. Henk versnel sy pas, storm die stoor binne. “Lukas!?” “Hier Pappa!” Rou snikke ontsnap Lukas se keel. Soekend gaan Henk se oë oor die binnekant van die swak verligte […]
OKTOBER DIE MOOISTE MAAND NASIONALE ROOFVOËLMAAND EN DIE POËSIE VAN DIE SKEPPING
Oktober, die mooiste maand van die jaar, bring nie net die herlewing vir die natuur nie, maar ook ’n herinnering aan die ekologiese balans wat in die die skepping gehandhaaf moet word deur die mens as rentmeesters van die Skepper. Wanneer die natuur weer ‘asemhaal’, keer kleur, lig en lewe terug, en die hemel vul […]
September 2025 – Orde uit chaos projek – Kommentaar en uitslae
Baie geluk aan hierdie 8 lede! WENNERS: GEDIGTE BRONS: GEEN INSKRYWINGS SILWER: (1) No 9 Retha van Deventer met Simfonie (2) No 3 Pieter Mostert met Een vuurhoutjie (3) No 11 Retha van Deventer met Woordmag GOUD: (1) No 10 Hester Steenkamp met Deur die storm (2) No 7 Marlene Erasmus met […]
Augustus 2025 – Linkshandige projek – Kommentaar en uitslae
Baie geluk aan hierdie 9 lede WENNERS: BRONS: (1) No 2 Nicola Brown met Hunkerende hand (2) No 5 Paul S Venter met Soros – omoma mono (3) Geen Inskrywings SILWER: (1) No 4 Charles Skeen (Tearlach) met Hand (2) No 3 Pieter Mostert met Onder grammatikale frons (3) No 1 Pieter Mostert met Spieëlhand […]
Oktober 2025 – OOP projek
Beste INKers Oktober is ʼn maand van warmer weer en ʼn maand van kleur. Hierdie maand is ‘n vrye en oop projek sonder voorskrifte en reëls. Daar is totale vryheid om deel te neem in al die afdelings sonder enige regulasies. Innoverende mense skryf in Afrikaans. Skryf groete Projekbestuurder. *ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING […]
Die opstanding
Dit was ʼn aardskuddende hergeboorte. Nogal nie die wedergeboorte waarvan die Christendom praat nie, maar ʼn geboorte tot ʼn nuwe bewustheid dat alles wat ons van geboorte af geleer word, nie noodwendig die volle waarheid is nie. Dit was ʼn gebeurtenis wat my tot in my siel geskud het, en skielik het ek myself op […]
Asheuwel.
Asheuwel. “Onluste ruk Asheuwel – strate brand, winkels sluit hul deure 2 Septemberg 2025. ” Die berig in die Asheuwel Gazette was kort, feitlik en sonder sagte woorde: die gemeenskap het geprotesteer oor water en elektrisiteit. Die beloftes van herstelwerke het soos mis voor die son verdwyn en woede het die strate ingevloei. Wat begin […]