Deur die oog van ‘n naald
Deur die oog van ’n naald Die ordenant beveel alle teenwoordiges in die hof om op te staan. Die regter kom binne, neem sy sitplek in en versoek almal om te sit. Almal se oë is op Darius wat kop onderstebo sit… bitterheid wel in hom op. Die senior rekenmeester het bedrog gepleeg en die […]
Die kranige atleet
Die kranige atleet Kobus lê plat op sy rug op die gras langs die baan. Hy haal hortend asem. Sy bene is soos jellie en sy hart klop onstuimig. Hy probeer om diep en ritmies asem te haal soos die fisioterapeut hom aangeraai het. Hy vee die sweet ongeduldig van sy rooi gesig af. Die […]
Jimi: Linkerhand legende.
Al Hendrix het voor die spieël gesit en sy hare gekam. Jimmy het in die hoek gehurk met die ou kitaar wat sy pa tweedehands opgespoor het. Die snare was so styf gespan dat dit skaars ’n geluid kon maak. Jimmy het die kitaar links vasgehou, gemaklik, asof dit net vir hom gemaak was. “James […]
kromdraai se omdraai
Jong onderwysers is ook maar net mense. So het ek uitgevind in die jare sestig toe ek moes gaan skoolhou in die destydse Oos Transvaal. Eers een kwartaal op Leslie waar daar net een hotel en een laerskool was. Verder was daar so byna veertig woonhuise en ‘n Ko-operasie-winkel. Daar naby was daar Eendracht, […]
Links of Regs jy is ‘n Wenner
Tema: Die Linkerhand se Lot BRONS (Kortverhaal – Woordtelling 1368) Geskryf deur Theresa Janse van Vuuren Links of Regs, jy is ‘n Wenner! “Nee Max, neeee, neeee, moenie, asseblief Max, neeee, neeee, sit neer die hammer!” gil Ans angsbevange. Max ‘n dwelm- en drank verslaafde, is egter soos ‘n redelose dier, verby die grens […]
Die Raad van Regshandiges
Tema: Die Linkerhand se Lot BRONS (Kortverhaal – Woordtelling 1292) Die Raad van Regshandiges Dit is die jaar 3000… Die wêreld is in rep en roer. ‘n Sekere tiran, Martinez, pas dieselfde metodes toe as die berugte Adolf Hitler, ‘n Duitse politikus en leier van die Nazi-party, om die regering stadig maar seker te […]
Rotstekening van wysheid uit die Linkerhand
Lank gelede, toe die Kalahari se wind nog stories in die wolkies waaisand onder sy voete oor die duine gedra het, was daar ’n jong seun met die naam Khu. Hy en sy gesin was deel van ’n groep Boesmans wat naby die Tsodilo-heuwels in die Kalahari in noord-wes-Botswana woonagtig was. Sy ma het hom […]
Aus Deutschland mit Liebe: Uit Duitsland met liefde
Ek lees ʼn paar bladsye, sit die leer boekmerk terug tussen die blaaie waar dit was en bêre die boekie met die verweerde leeromhulsel weer diep onder in my kas. Ek maak my oë toe, maar ek weet ek sal nie slaap nie. Wat ek wel weet, is dat die gaskamers van Auschwitz van nou […]
Die Linkspoot-Filosoof Katastrofe
Die Linkspoot-Filosoof Katastrofe Kort duskant 9669 hoppe op 'n sinkplaatpad verder, hoor ek weer: "Ons is amper daar!" Begin dit byna glo, want die padtekens staan al digter opmekaar, "Hou Links. Regs wil Verby." Skielik, 'n vurk in die pad. Middel voor is 'n kakkerlakkamp. Met rooimiere op patrollie. Regsom — teen die hoogte op […]
Hotklou se handtekening
Hotklou se handtekening Ek was sommer nog piepklein toe ek agtergekom het dat ek dinge anders hanteer as ouboet Nic. Hy kon ons speelgoed met gemak hanteer en het alles baie maklik laat lyk as ons twee gespeel het. Ek, sy kleinsus Lien Meiring, het my eie manier gehad om dinge te doen. Ek onthou […]