NB!! LEES ASSEBLIEF | INK MODERATOR
Beste INKers Julle passie vir woorde, of dit nou in die ritme van ’n gedig of die verweefde drade van ’n kortverhaal is, dít laat INK lewe. As moderator wil ek julle aanmoedig om die volle waarde te benut van die dienste wat julle ledegeld ontsluit. Hierdie dienste is ontwerp om julle skryfwerk te […]
Jan van der Merwe se spinnekop byt
Jan van der Merwe se spinnekop byt Woorde 2058 Sy verspotte velhoed sit windskeef oor sy boskas as hy sy oë skrefies maak teen die skerp strale van die onnergaande son. Sy kyk vee oor die volle breedte van sy plaas. Sy naam is oral bekend – Jan van der Merwe. Sy plaas, eintlik nie […]
DIE TAAL WAT KAALVOET PRAAT (hoofstuk1)
Inleiding Wat hier volg is ’n kursoriese inleiding tot ’n reeks kortverhale van die gesprekke tussen Buks Appelblaar, leier van ’n groep Boesmans in die Kalahari, in die noorde van Botswana en Pieter, wat ek in storievorm verwerk het. Ek pen die gesprekke tussen Buks Appelblaar en Pieter vas, in wat ek noem Boesman-patois-afrikaans. [Uit […]
Laatkom is nie vir sussies
Laatkom is nie vir sussies nie.. Petunia loer paniekerig by die skoolvenster uit. As Bazil vandag wéér laat kom is daar groot probleme! Meneer Booysens het hoeka die lang bamboes slaan stok, wat “moeggepraat” heet, net reg vir die skouspel op die hoek van sy tafel neergesit. Hy begin met die les so asof niks […]
Aartsvyand
Aartsvyand ‘n Reuse Korona massa uitstorting van die son het tydens September in die jaar twintig vyf-en-twintig die lewe op planeet Aarde drasties verander. Die son was nie meer die aardbewoner se hoofverskaffer van energie en vennoot van warmte nie – nee – dié hoofkarakter van die aarde se heliosentriese sisteem het verrys tot ‘n […]
Die sinkgat
Die sinkgat (Brons) Fiksie , Wilhelm en sy vriend Ihmram sit voor die televisie, elkeen met ‘n bier in die hand, terwyl hulle wag op die televisienuus wat binne ‘n paar oomblikke moet begin. Wilhelm was nooit juis ingestel op die nuus nie, maar die abnormale gebeure van die laaste tyd het hom gedwing om […]
‘n Arendsvlug
Sy trek haar voorvinger lusteloos deur die waterstreep op die spieël. Môre. Sy sal môre daaroor worry. Of dalk nie. Haar oë vee vlugtig oor haar gesig. Donker kringe onderstreep die dofheid in haar oë. In die geel badkamerlig lyk haar vel degerig. Is daar ooit so ʼn woord? Sy trek haar yl wenkbroue argeloos […]
Uitkoms – Silwer
Uitkoms – Silwer Droomverlore gly my skraal hand oor die sysagte trourok wat teen my hangkas hang. Mamma het geen detail en moeite ontsien om my droomrok te maak nie. Drie maande gelede het ek en Nikolai, my verloofde van amper twee jaar, op ons huweliksdatum besluit; 21 April 2022. Dis op my […]
LOOP DIE PAADJIE IN JOU LABIRINT TOT BY SY MIDDELPUNT
Pieter kuier op ’n vriend se plaas in die Kalahari. Hy is ’n emosionele wrak nadat hy hierdie einste vriend van hom traumaties aan die dood moes afstaan. Hy is nie lus vir mense om hom wat gedurig lastige vrae vra nie. Hy wil net alleen gelaat word. Pieter stap buitentoe en gaan sit op […]
Wie is ek?
Tema: Wie is ek ? Riempies het hulle my by die skool genoem….ek was seker dat dit was oor ek so lank en skraal was. Toe was dit altyd oor ek so seningrig soos ‘n riem was. Hoe”rskool Elsburg sit nie in enige langafstand atleet se skoene nie. Ek moes my man staan en moes […]