
Kommunikasie
vibrasies spoed oor heinings
in raadsale, toilet vierkante
golwe in die lug wat
spoel oor oorhare
skinder in glowe
is etter ongegrendel
sonder enige voorskrifte
vir salf teen die seer
klets is ń voorskot
teen eie self ontbloot
praat oor alles maar
geen eie kommetaar
harde baklei klanke
verdoof beter wete
van eie en ander
se raad
agter die vibrasiesskanse
fluister stil wysheid
luister !
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.