Jongste aktiwiteit:

Kintsugi (silwer)



Stadig …

stukkie vir kosbare stukkie
smelt ek die goue draad
van liefde wat heelmaak
in die beeldskone mosaïek
van ‘n splinternuwe lewe
handgemaak
uit die vlymskerp skerwe
van jou nalatenskap

©️Elize Kruger / 2021




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed