Jongste aktiwiteit:

Die vrug van vrede

Die vrug van vrede

o Heer, slegs U kan vrede in my hart bewerkstellig

vervul my lewe as getuienis van U

sodat ek dit in my hart kan koester en bewaar

en die Geestesvrugte van liefde, blydskap en vrede

innerlike vrede wat diep in my hart kom lê

wat ek as vrug moet dra, laat groei en ryp word

sodat as ek nie kan saamstem nie, ander kan aanvaar

laat ons kosbare land in vrede leef

in geloof, in kultuur, taal en ras

maak my die instrument in U vredeshande

sodat ek haat kan verander in liefde

waar ons twyfel, kan glo

waar daar wanhoop is, hoop bring

waar daar duisternis is, lig verskaf

en trane in lag en blydskap omskep

laat die vrug van vrede in ons land

soos heuning op ons tong gedy

laat die sade vol vrede met krag uitskiet

sodat dit doelgerig in kosbare mensaarde val

wat op hulle beurt veelvoudig sal uitspriet

sodat U naam, U genade en U as Voorsiener

die Manna sal wees wat op ons geestelike tafel

                                              © Linda du Plessis 2023

 

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed