Die vrug van vreugde
Die vrug van vreugde
o Heer, gee aan my genoeg geloof
om die vrug van blydskap te dra
sodat ek deel kan wees van die vrugfamilie
en aan tafel van die fees van jubelliedere
eens was daar goeie blydskap in Betlehem
die goeie nuus dat Christus se geboorte
wandel op aarde, kruisiging, opstanding
en hemelvaart oorwinning oor sonde behaal het
“Habakuk het in sy lied geskryf
al sal die vyeboom nie bloei
ons geen vrug aan die wingerdstokke vind nie
olyfbome en saailande geen oeste hê
sal hy jubel en juig”
leer my om ook te jubel en te juig
vol van blydskap te wees selfs in tye van tekort
steeds sal lag as die lande kaal staan
en sal volhard in die geloof en vertroue
sodat ons geestelike wingerde en saailande
sal floreer en ons ons sal verbly in God
en gefokus sal bly op die goedheid van Hom
© Linda du Plessis 2023
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.