Net dalk
Net dalk
net dalk miskien
wonder jy ook soms wat as
haak jy ook somtyds vas by dalk as
wat is daar om te leer uit ons gisters
uit wat kon en wat was
ek bêre nou vir eers
my gisters agter my
ek reik uit na wat dalk nog kan
omvou die mooi van gister in my hart
al die dalk en wat as laat ek nou gaan
wat as is nou wat was
dit gaan my nie langer vashou
vandag is geleen maar net vir nou
ek sal alles wat ek kan….. doen vir nou
om eendag die mooi van nou te onthou
môre wag en dis al wat ek het vir nou
Magda van der Walt
2023-11-23
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.