
Kosbare tyd
Tree vir tree sal ek dit loop.
Sonder ophou, wangedra stille wanhoop.
Luister hoe fluister.
Die stem in my.
Wees gehoorsaam.
Daar wil Hy bly.
Melodramatiese keuses wil ek nie maak.
Saam met jou loop klink vir my volmaak.
Kosbare tyd.
Hardloop ek rond deur sinnelose gebeure.
Gaan nie meer.
Ek weet waarvoor om te lewe.
Moet nooit jou geliefde laat rou.
More staan dalk nie vir jou op tou.
Stuur vir haar n roos van ver.
Laat weet dat jy ook aan iemand dink.
Kosbare tyd.
Laat glip jou vingers deur jou hare.
Wees n mens met hartvolmaakte gebare.
Ons almal maak foute.
Moenie dit altyd onthou.
Geniet dinge wat jou nie laat rou.
Almal kan dit maak as ons saam staan.
Kom ons dra mekaar deur.
Kosbare tyd.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.