Jongste aktiwiteit:

leë woorde

 

heel nag spook dit by my

ware nagmerrie van gedagtes

wat sê jy dan digter, ..sê jy iets

doen jou woorde iets waar dit val

val dit op dowe ore of in vryval

tot op die klipperige land

waar dit ontkiem

maar dadelik

weer vrek

 

deurlopend tref dit my

of jy, ..digter, ..jou hart oopmaak

of sommer net woorde neerskribbel

in eindelose, ..soms betekenislose

gereëlde strofes wat aantreklik

maar ook sonder waarde

met digte reëlmaat

die ore en oë tref

bly dit net wind

 

Ó Tearlach.

 

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak