Jongste aktiwiteit:

Liberté

Dinge wat ek nie kan beheer, draai om in my gedagtes.
Eindelose bekommernisse, laat my terugdeins;
situasies binne-in, ‘n geknoopte web; 
swaar laste, wat blyk ek nie kan vermy.

Onbeperkte vrese, wat elke keerpunt beset,
grenslose angs, wat my laat steier.
Dinge wat ek nie kan begryp, gly deur my hand;
die swaarte van my wêreld, partykeer soos skuiwende sand.

Oneindige twyfel, belemmer my uitsig;
denke - hartseer se kloue. 
Onbeheerbare gedagtes, klink luid;
Diep-binne-seer, soos ‘n kleed;
dinge wat ek nie kan verander, onderdruk my;
die greep van vrees, buig my krom.

Eindelose stryd midde die onvermydelike storm
binne en buite depressie se greep
knus in my lasse se vou.
begrip.
dinge wat ek kan,
dinge wat ek nie kan.

@MarthaMariaJones



1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed